Ruan & Monique Brand

STORIE:


Ons storie begin 10 Julie 2022, my toe Kêrel het my uitgevat vir ʼn dag by Galleria Mall (KZN), die verlowing vind plaas, op die ysskaatsbaan met een van ons gunsteling liedjies, in die agtergrond. Daarna is ons geneem na ʼn tafel en stoele by die ice rink met vinger happies en champagne.

So skop die trou beplanning kort daarna af, my toe verloofde, maak ʼn voorstel dat ons die 19de Oktober 2023 trou ( dieselfde dag wat hy my uitgevra het). Heelaas sien ons toe dat die 19de Oktober nie op ʼn naweek val nie, en besluit toe om die 21ste Oktober te trou. Ons besluit ook dat ons Sal in Gauteng of Noord wes trou, aangesien meeste van ons vriende en familie daar is, ons woon teen die tyd Reeds 6 maande in KZN.

Augustus maand ry ons op, om venue’s te gaan soek, ons eerste venue was Fatherland Estate and Wedding Venue, ons het geweet die oomblik toe ons daar stop dat dit ons venue sal wees. Smoorverlief van die eerste sekonde af!

Na so week durf ons weer die Lang pad terug KZN toe aan, opgewonde want ons het ʼn venue.

Die trou beplanning self was bloed en sweet!

Beide ek en my man werk in paramedici en om tyd te kry, tussendeur werk om troue te beplan is ʼn struikelblok op sy eie.

Ons is deur menige “scammers” gevang en dinge het nie aldag gebeur soos ons wou hê nie. Finanasieel het die kostes opgehoop, maar die Here het voorsien.

Ons is toe weer op in Mei 2023, vir my broer se troue. Gedurende die week moes ons hare, en grimering proef doen, die venue gaan sien vir enige finale besluite en tafel dekor opset. Kombuistee, bachelor’s en bachelorette naweek moes ook gebeur in die tydperk, aangesien ons eers weer sal opkom vir die troue. Enige aankope wat nog nodig was moes gedoen word.

Dit met Paar dokters besoeke tussen in, want die toekomstige bruidjie sukkel met anemie.

Toe alles gedoen is, is ons weer sak en pak terug KZN toe. So Val alles in plek dag vir dag.

Ons begin die dag mooi uiteensit en Kan sien hoe dinge verloop.

Teen die tyd, kry ek my eerste opsie rok terug van alterasies af, en julle ek huil my amper morsdood! Die rok is ʼn flop, dis 4 maande voor die troue en my rok is ʼn flop. Finansies vir ʼn tweede rok is maar bitter min.

So kom ek op LA Boutique af, my grootste redding!!

My rok was pragtig en het gepas soos ʼn handskoen.

Grootste stres gewees, siende dat ons reeds vantevore gescam was, was die een groot stres. Die tydperk vir die rok, is bitter naby aan die dag wat ons sou vertrek terug op vir die troue.

Heelaas, alles werk uit soos dit moet en die Here voorsien werklik!

Die 17de Oktober breuk aan, ons was die aand van die 16de nog aandiens, so handig ons die voertuig (ambulans) oor en vertrek na Noordwes, ons gaan trou!

So 100 kilo’s aan, slaan dit my soos ʼn baksteen in die gesig! Die ringe!!! Ons het die ringe vergeet!!

Heelaas draai ons maar om, en gaan terug vir dit!

Met aankoms in Noord-wes is ons moeg! My bruidsmeisies rokke is nog nie heeltemal reg nie, en van die strooijonkers het nie al hulle klere nie. Die persoon wat ons troukoek moes maak en bring was die vorige naweek in ʼn motorbotsing en kan nie die koek bring nie.

Ons het van die welkom borde en tafelplasings borde DIY gedoen, die Vinyl stickers wat laat maak is, is onvolledig en verkeerd. Dis 2 dae voor die troue!

Nie te min, my liefste man bly positief en sê ons Sal dit die Vrydag (20ste) uitsorteer.

Die 19de ontmoet ons met vriende van ons.

So kom die 20ste aangekruip, en die Bruid wat die volgende dag voor die kansel moet staan het voedselvergiftiging! Ek wens dit vir niemand toe nie! Verbeel jou, jy trou oor ʼn paar ure en die dokters wil jou opneem!

Die volgende dag is ek maar nog goor, gedehidreed en moeg, enige bruid se Grootste nagmerrie om op haar troudag so te voel.

Heelaas, die dag het perfek verloop, selfs met ʼn paar struikelblokke die dag van die troue was alles steeds perfek!
Die bruidsmeisies het pragtig gelyk, die strooijonkers het uitgevat gelyk. My man het werklik sy oë uitgehuil!

Ek glo dat ons troue uniek was, omrede dit vanaf oor die 800km vêr weg gereël was, ons het ook nie blomme meisies gehad nie maar soos die Amerikaners “flower dudes” hulle het roosblare gestrooi en Bug shooters uitgedeel vir mense.

My man en sy strooijonkers het ook hulle eie inloop gehad op ʼn Starwars liedjie (my man is behep met dit), die lied was geremix met metal musiek (iets waarby beide van ons ʼn groot aanklank vind).

Die strooijonkers en bruidegom het elkeen spesiaal gemaakte kouse gehad met starwars Tema, en Tie clips met quotes vanuit die stories.

My bruidsmeisies se japonne het gelees “do or do not” en myne “I do” wat basies die Starwars Tema moes inbring.

Ons Trou het my en sy persoonlikhede mooi vasgevang, daar was sonneblomme wat my gunsteling blomme is, en starwars wat my man so mooi uitbeeld.
Behalwe vir die lied, kouse en tie clips was ons cake toppers ook uniek, dit was ʼn bruid en ʼn Darth Vader mannetjie.
Ons gasteboek het twee afdelings gehad, ʼn Canvas van ons waarop mense kon skryf en ʼn trou geskenk vanaf my man se ouers – dit was ʼn millennium falcon (starwars skip) , waarin mens hout hartjies gooi na jy daarop geskryf het.

Om die kersie op die koek te sit het ons ʼn groot verassing gehad. Die rugby wêreld-beker se Semi-finaal was op die dag van ons troue. Toe al die verigtinge afgehandel is, het ons laat ons DJ “hier

Kom die bokke,” van Leon Schuster speel en ek en my man het beide springbok truie bo oor ons trouklere gaan aantrek, en vreeslik lekker gedans op die lied! Dit het ʼn heel Ander gees na die troue gebring.

Ons het vooraf met die venue gereël om die wedstryd te kan uitsaai en het toe afgekondig dat daar ʼn TV buite op die dek sal wees (by die kroeg) waar almal dus die wedstryd kan kyk!

Werklik een vir die boeke !!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23259

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23259

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Nicky’s Hiring – Decor and Flowers
                • Bruidegom-pak: Truworths man
                • Dekor: Nicky’s Hiring – Decor and Flowers
                • Fotograaf: Kaalvoetkiekies
                • Gaste Geskenke: Netcanvas
                • Grimering: LF Beauty
                • Hare: Beautifully Kilian
                • Huweliksbevestiger: Ds. Jakes
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Orbit rings, gems and stuff
                • Troukoek: A Taste for heaven Cakery
                • Musiek: DW audio and backline
                • Platejoggie: DW audio and backline
                • Skoene: Te fraai diena
                • Skryfbehoeftes: DIY, NetCanvas
                • Strooimeisie-rokke: Anita Ras
                • Trourok: La Boutique
                • Venue: Fatherland Estate Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Fatherland Estate Wedding Venue
                • Vermaak: Rugby Wêreld-beker Semi-finaal
                • Huwelik kontrak: Marilise Joubert
                • Wittebrood plek: Klein Stofberg, Magalies park