Ruan & Sasha-Lee Vermeulen

STORIE:


So “cliché” soos wat dit mag klink, was ons dag perfek. Toe ons altyd oor trou en verloof raak gepraat het, het ons gesê ons gaan net ons tyd vat en sommer jare verloof wees. Toe Ruan eers die vraag vra toe kon ons net nie meer die opgewondenheid inhou nie. Om te weet jy gaan die res van jou lewe met jou beste vriend spandeer is net die beste gevoel ooit. Toe ons met ons venue kontak maak en hulle noem dat daar net 1 dag beskikbaar is vir die jaar, 14 Oktober, toe weet ons dit is ons dag.

Die oggend het begin met die meisies wat vars vrugte, jogurt en muesli geniet het, terwyl die mans ʼn warm ontbyt verkies het. Die grimeringsessies vir die meisies was gevul met pret en sommer baie gelag. Sodra die foto’s begin het, het alles sommer vinnig verloop tot die opbou na die seremonie toe. Van die “pop” van sjampanje tot die drink van whiskey op ys en die genot van die moet-doen sigare, was dit ʼn lewendige en doeltreffende manier om die senuwees te verslap en die opwinding te verhoog.

Ten spyte van al die stories wat gehoor is en die advies wat gegee is, berei niks jou werklik voor vir daardie eerste tree in die kapel nie. Terwyl hy by die altaar staan en jy jou pad na hom toe maak, met onafgebroke oogkontak, is die gevoel van om in jou toekoms in te stap, onbeskryflik. Dit was absoluut my hoogtepunt van daardie dag.

Na die uitruil van geloftes, was dit tyd om te kuier. Dit het groot vreugde gebring om met vriende en familie te gesels, beide naby en vêr. Glimlagte was volop, en al was dit in ‘n oogwink verby, was elke oomblik die moeite werd.

My rok is glad nie wat ek aanvanklik in gedagte gehad het nie. Ek het die Bespoke Bridal Expo verlede jaar bygewoon en het so paar rokke aangepas. Toe ek vir ‘n konsultant verduidelik wat ek in gedagte gehad het toe sy hy nee hy weet presies wat ek nodig het en toe verras hy my met my beeldskone Didi Couture rok. Ons inspirasie vir ons dag was kalmte en daar is niks wat ons meer kalmer laat voel as die natuur nie daarom het ons besluit om met groen en wit te gaan.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23131

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23131

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Goedgeleven Events (Pty) Ltd
                • Bruidegom-pak: Tailored 4U (Instagram: aslam_tailored4u)
                • Dekor: Goedgeleven Events (Pty) Ltd
                • Fotograaf: Cilliers Visser Weddings (Instagram: cilliersvisser)
                • Gaste Geskenke: Koeverte – Simply Favours (Instagram: _simplyfavours_)
                • Grimering: Janel Blom Hair & Makeup Atelier (Instagram: janelblom_hairmakeup)
                • Hare: Janel Blom Hair & Makeup Atelier (Instagram: janelblom_hairmakeup)
                • Huweliksbevestiger: Ds WP du Plessis – NG Kerk Goudini
                • Juweliersware: Oorbelle – Forever New
                • Trouring: Viljoen Juweliers (Instagram: viljoenjuweliers)
                • Troukoek: Maria Neethling (Instagram: maria_neethling)
                • Musiek: Etienne Events
                • Platejoggie: Etienne Events
                • Skoene: Woolworths
                • Skryfbehoeftes: Suzette Wilken
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Didi Couture (Instagram: didi_couture_official)
                • Venue: Goedgeleven Events (Pty) Ltd (Instagram: goedgeleven)
                • Paartjie se verblyf: Goedgeleven Events (Pty) Ltd (Instagram: goedgeleven)
                • Videograaf: Cilliers Visser Weddings (Instagram: cilliersvisser)
                • Huwelik kontrak: Johan Coetzee – De Vries De Wet & Krouwkam Inc
                • Wittebrood plek: Aquila Safaris (Instagram: aquilasafaris)