Sumari & Edrich Röhrbeck

STORIE:


Na maande se beplanning en opgewondenheid met so tikkie stres het ons uiteindelik tot by die groot dag gekom. Daar is baie harde werk ingesit om alles perfek te maak. Van die koördineerder se idees en perfekte uitvoering tot die hele familie wat gehelp het geskenkies pak. Party dae het dit gevoel asof ons die wêreld se tyd het en ander dae het dit weer gevoel asof alles skeefloop, maar op die ou end het alles net perfek inmekaar geskakel.

Die soektog na ʼn trourok was natuurlik een van die hoogtepunte. Van die dag van die verlowing af het ons gesoek na die ideale trourok en daar was baie idees rondgegooi deur almal wat kans kon kry. Ek het altyd gedog mense praat nonsens as hulle sê jy gaan weet as jy die rok aantrek dat dit JOU rok is, maar ek wou dit nooit glo nie. Ek het ʼn paar rokke aangepas en dit was verwarrend want almal is ewe mooi, maar toe ek die laaste rok aanpas, nog voordat ek myself gesien het in die spieël het ek klaar geweet … dis die een!

Die manne het van die begin af besluit op vellies. So natuurlik moes hulle klere kry wat by die vellies pas. En wat dan nou anders as Chino en wit hemp met kruisbande. Dit was aansienlik makliker vir my man.

Die troue is by Boesies Wedding venue gehou. Die dames het die oggend gaan ontbyt eet en rustig by een die chalet klaargemaak. Die manne het egter eers gaan visvang die oggend om die senuwees opsy te skuif. Dis die lekker van Boesies, alles is daar en loopafstand van die res af. Die manne het in die kapel gaan wag terwyl ons dames, trourok se sleep en al die lang pad oor die brug tot by die kapel gemaak het.

Die dag van die troue was almal se opgewondenheid tasbaar so tussen al die stres deur. Al het die tyd ons bietjie ingehaal, het ek tog betyds in die paadjie afgestap om my toekomstige man te ontmoet. Daar is baie trane gestort deur die loop van die dag, familie en vriende het almal saam trane van blydskap laat rol. Die oomblik toe die troumars begin speel was almal spraakloos. Die tyd in die kapel het soos ʼn ewigheid gevoel, maar na ons eerste soen was al die spanning by die deur uit.

Na al ons foto’s saam die familie en vriende kon ons uiteindelik ons paartjie foto’s neem. Uiteindelik was dit net ek en my man.

Na al die foto’s het ons na die onthaal beweeg vir ʼn lekker sokkie aand in ons vellies en later sommer kaalvoet. Die lekkerste was seker die boerekos, veral die pampoenkoekies en karamelsous. Die dekor was eenvoudig tog stylvol. Alles het gepas by ons boere tema, met so tikkie rooi vir die liefde.

Laat die aand kon ek en my man hand aan hand die paadjie stap na die wittebrood chalet stap om ons eerste aand as man en vrou te spandeer.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23193

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23193

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Heleen Bezuidenhout@ Boesies Wedding venue
                • Bruidegom-pak: Truworths Man
                • Dekor: Heleen Bezuidenhout@ Boesies Wedding venue
                • Fotograaf: Zelda Terblanche
                • Gaste Geskenke: Self gedoen
                • Grimering: Makeup Artist Milly
                • Hare: Mellise Jordaan
                • Huweliksbevestiger: Henry Stopforth
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Sterns (bruid), American Swiss (bruidegom)
                • Troukoek: Chanelle van Kasterop Oosthuizen
                • Koördineerder: Heleen Bezuidenhout@ Boesies Wedding venue
                • Musiek: Grimmies Music and Photography
                • Platejoggie: Graham Grimsdell
                • Skoene: Bonnie & Clyde Leather and Lifestyle
                • Skryfbehoeftes: Ja du Plessis
                • Strooimeisie-rokke: Amina’s Boutique
                • Trourok: Bride’s Choice Ermelo
                • Venue: Boesies Wedding venue @ Lake Umuzi
                • Paartjie se verblyf: Umuzi Lodge
                • Huwelik kontrak: Pieter de Beer