Tiaan & Mariesa Kleyn

STORIE:


Ons storie is definitief uniek en deur God se hand geskryf. Ek en my man het deur sosiale media ontmoet en ons het lang afstand ‘gedate’ tot ons troudag. Ek was in Mosselbaai en my toe verloofde in PE. Toe ons mekaar ontmoet het ons gou geweet hierdie is iets spesiaal en dat ons albei ernstig is oor mekaar. Ons het die Desember verloof geraak by Fransmanhoek in Mosselbaai. Eerste week in Januarie voor my man moes terug PE toe gaan kyk ons na die eerste venue – Trinity Gate Farm. Ons albei hou dadelik baie van die plek en begin dink aan trou datums ens.
Die venue was alreeds baie vol vir die Somer/Herfs seisoen en ek wou geensins in die winter in die Wes-Kaap trou nie.
My trou-storie uit my – die bruid se oogpunt

Ek het geweet dat ek my eie troue sal reël aangesien ek betrokke is by sport funksies reël as deel van my werk. Organiseer is my lewe.
Ek het besef dat as ek binne ʼn paar dae weet ek kan ʼn datum, fotograaf, venue en rok kan kry dat ons die res sou kon reël. Ek begin dadelik rond en bont bel vir fotograwe, venue pryse, rokke ens. Ons hart was op die eerste en enigste venue wat ons gaan kyk het en toe maak die Here vir ons ʼn deur oop. Weens my werk is ek baie weg en daarom is ʼn datum ontsaglik belangrik om in te pas by my skedule. Begin Maart is al wanneer ek dit sou kon inpas. Die venue eienaar sê dat by het Saterdag 11 Maart eintlik oopgehou omdat hy vroeër die week sou weg wees met werk, maar hulle kan ons dan akkommodeer. My hart spring! Ons het ʼn datum en nou moet als volg. My pas is ʼn pastoor en hy het al geweet hy gaan eendag beide ek en my sussie trou. My sussie is al getroud en nou is die uiteindelik my beurt! Die pastoor is gereël en nou begin ek met baie lysies. Ek begin dadelik inspring met fotograwe, rokke aanpas en kyk na dekor verhuring, trou koeke ens. Dit was maar ʼn moeilike proses om ʼn trou te beplan terwyl jou verloofde en sy familie 400km weg was. Baie fotos, video calls en idees word uitgeruil. By die verhuring plek stap ek in en sê dat ek tafel dekor ens wil huur. Die dame vra vir my Pinterest board of enige idees.. en ek antwoord eenvoudig, daar is geen tema en ons begin maar voor. Sy bring ʼn mandjie van amper 50 verskillende kleure en toe sien ek dit gaan nie so eenvoudig wees nie. Opsies word bymekaar gesit en skielik is daar geen einde aan dekor, glase, kerse, tafel doeke en als waaraan mens kan dink! Ek en my ouers ry eendag George toe om moontlike verskaffers te ontmoet en stop gou by ʼn trourok winkel sonder afspraak. Die baie vriendelik dame sê dat sy is eintlik op middagete, maar sy sal met liefde my help. Ek pas ʼn paar rokke aan en is gou verlief op 3 rokke daar en weet toe ek sal kan regkom. Ek pas ʼn rok aan wat bietjie meer ‘daring’ is as waaraan ek gewoond is. Ek sê vir die dame dat my pa die pastoor is en my gaan trou.. die rok is baie ‘daring’ vir iemand wat maar meer konserwatief is. Glo dit of te nie, daardie rok word toe my trou rok!! Die dame het so lekker gelag vir my en sy het die trourok aanpas ervaring vir my so lekker gemaak.

Ek kom agter dat alle verskaffers dadelik ʼn geld sien wanneer jy die woord ‘troue’ ontmoet. Ons het gewerk met ʼn begroting en daar was fyn beplanning benodig. Op my volgende kuier in PE gaan ek en my verloofde na die winkel sentrum opsoek na ʼn pak en ring. Gelukkig kry ons ʼn mooi diep blou pak perfek vir die troudag. My verloofde het langer as ek gevat om sy ring te kies, maar uiteindelik kon ons ʼn baie mooi ring kry waarin ek ʼn verassing boodskap kon laat graveer.

My tema ontwikkel toe in eenvoud met natuurlike kleure soos wit en groen. Na baie video calls, fotos en idees word die dekor bevestig. Blomme was vir my belangrik. Ek is mal oor blomme en enige iets groen. Ek wou net vars blomme hê en als natuurlik hou. Die bloemiste het ongelooflik baie gehelp en na ʼn paar idees is daar besluit op wit king proteas, penny-gum, gypsophila en ander groen vullers. Ons moes maar bid en vertrou aangesien die wit king proteas nog nie sterk in seisoen sou wees nie en op spesiale bestelling sou wees.

Deur ʼn familie kontak kry ons ʼn dame wat ʼn heerlike cookies en cream sjokolade trou koek kan maak op die bruidspaar se keuse. Ons is albei lief vir sjokolade koek en dit was toe ʼn smullekker keuse gewees.

Die fotograwe was een van die grootste seëninge vir ons. Hulle het ons geseën met ʼn ‘engagement shoot’ en baie moeite gedoen op ons troudag.

Trou naweek span almal in om die venue reg te kry en als self te pak en dek. Toe begin die probleme. Die dekor plek het die verkeerde glase verskaf. Daarna ontdek ons die tafel doeke is ook verkeerd. Ons bel en reël vir die regte stelle en moet die volgende dag als gaan omruil en weer begin. Soos ons die volgende dag begin uitpak kom ons agter dat die dekor plek vir ons die regte tafeldoek gegee het, maar hulle was reghoekig en nie rond nie. Teen die tyd was die senuwee al dun. Die venue en dekor plek is so 40km uitmekaar so dis ʼn heen en weer. Die dekor plek het gelukkig toe met spoed gekom en al die tafels oor gedek met die regte tafeldoeke. Sjoe, die verligting! My blomme arriveer betyds en dinge begin in plek val. Liggies word gehang, vars takke gepluk en met bakkies vol aangery en opgesit.

Ek het self my uitnodigings, tafel uitlegte en program ontwerp & gedruk. Ons reël sleutelhouers met elke gas se naam op as geskenkie en dek die tafels klaar.

Die trou dag breek aan. Na baie harde werk en moeite, is die dag hier. Ek het binne 10 weke tesame met my verloofde, familie / skoon familie en verskaffers ʼn hele troue gereël. Die dag het ongelooflik goed verloop. My pa trou ons en terwyl hy seën uitspreek begin die hemel stort met druppels seën. Die dag verloop seepglad en die gaste geniet hulself ongelooflik baie. Daar word lekker gedans, geëet, gesels en baie fotos geneem.

Ek is baie dankbaar teenoor almal wie bygedra het tot hierdie spesiale dag. Dit is ʼn dag wat ek en my man nooit sal vergeet nie.

Een van die hoogtepunte vir my was ʼn trou geskenk van my vriendin Done al die pad uit Australië. Ons het albei saam gebid vir ons mans voor ek myne ontmoet het en saam het ons mekaar geestelik ondersteun en vertrou op die Here. Dit was ʼn baie, baie diep droom gebêre in my hart dat my gunsteling sangeres Riana Nel deel kan wees van my troudag. Haar musiek het my altyd aangemoedig en in die liefde laat glo. My vriendin maak ʼn voorstel en my hart gaan staan amper. Trou geskenk van ʼn persoonlike liedjie geskryf deur Riana Nel. Nooit sou ek kon dink dat hierdie droom ʼn realiteit kon wees nie. Die Here het geweet en Hy het deur my vriendin my geseën met my diepste droom. Vir die bruidegom is dit ʼn totale verrassing en deel van my trou toespraak is ʼn persoonlike liedjie geskryf en gesing deur Riana Nel. Dit was een van die grootste hoogtepunte.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23261

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23261

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: All Fowers
                • Bruidegom-pak: Woolworths
                • Dekor: Fancy Functions
                • Fotograaf: EON Media
                • Gaste Geskenke: Persoonlike sleutelhouers
                • Grimering: Rheeba van Niekerk
                • Hare: Carien van Biljon
                • Huweliksbevestiger: Warwick Nelson
                • Trouring: Giano & Browns
                • Troukoek: Isabelle
                • Koördineerder: Mariesa (bruid)
                • Musiek: Super Sounds
                • Skoene: Foschini
                • Skryfbehoeftes: Mariesa (bruid)
                • Trourok: Bridal-Inn
                • Venue: Trinity Gate Farm
                • Vervoer: Rosy (rooi Triumph)
                • Videograaf: EON Media