Tiaan & Valeska Gouws

STORIE:


Troubeplanning het maklik vir my gekom siende dat ek al oor hierdie dag droom van dat ek ʼn klein dogtertjie is. Om elke detail te beplan was vir my ʼn fees.

Ons het besluit wat die algehele tema van ons troue sal wees en daarna het ons ʼn venue gesoek. ʼn Buitelug, moderne en industriële venue sou ons tema beklemtoon en ons het so op The Nut Farm besluit. Hulle het aan al die kriteria voldoen. Die ongelooflike natuurskoon met die pragtige neutbome en lavendervelde sowel as groot vensters in die industriële onthaalsaal, was wat vir ons die deurslag gegee het in die besluit vir die venue vir ons vir ons sprokies dag.

Daarna het die res van die beplanning maklik in plek geval. Die besluit om ʼn neutrale kleur skema te kies het baie mooi by die skoon en moderne aksente in die dekor aan gesluit. By die neutrale kleure het ons besluit om ons gunsteling kleure te inkorporeer. Oranje en geel, vir ʼn vrolike gevoel. Verder het ons die dekor stylvol en minimalisties gehou sodat dit nie enige fokus van die reeds perfekte venue weg neem nie.

Die troupak. Tiaan het verskeie pakke aangepas, maar dit was duidelik toe ek hom sien in sy beige pak, dat dit die een is. Ons het die pak gekoop en het daarna gewag tot ʼn maand voor ons troue om dit te laat verstel vir ’n perfekte pas op die dag.

Die trourok. Aanvanklik het ek besluit dat ek ʼn reeds gemaakte rok gaan koop, maar die Here het ʼn ander plan gehad. Ek het rokke gaan aanpas en ʼn vooropgestelde idee gehad van wat ek soek. Een na die ander, tot ek een gekry het was soos ʼn droom gesit het. Ek wou bitter graag my eie stempel op die rok afdruk en het toe besluit dat die rok gemaak moet word. Die aanpas rok, was as ʼn raamwerk gebruik en ons het geteken en ontwerp totdat ons by my unieke droom rok uitgekom het. Dit was ʼn wonderlike proses.

As bruid, kan mens so maklik weggeraak in die beplanning dat mens maklik die werklike rede van die troue vergeet. Die spesiaalste deel van ons troue was die oomblik wat ek by die padjie af gestap het en tot die besef kom dat hierdie die enigste ding is wat saak maak, hierdie die beste dag van my lewe is. Die oomblik wat ek my man gesien het en die oomblik wat ek voor familie en vriende en bowenal, die Here kon verkondig hoe lief ek, Tiaan het.

Ek sal daardie spesiale oomblik altyd koester.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23181

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23181

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Floral and Decor by Deo – Dané
                • Dekor: Burgeon functions
                • Fotograaf: Capture the Moment
                • Gaste Geskenke: Burgeon functions
                • Grimering: Belle Beauty by Jenine
                • Hare: Belle Beauty by Jenine
                • Huweliksbevestiger: Jonathan Muller – Kompas gemeente
                • Juweliersware: Silver bin
                • Trouring: Titanium Studio
                • Troukoek: Sweet Celebrations
                • Koördineerder: The Nut Farm
                • Musiek: Mr Music
                • Skryfbehoeftes: Kiss n Bliss
                • Trourok: Mimie Bridal Atelier
                • Venue: The Nut Farm
                • Paartjie se verblyf: Cradle Lodge and Health Spa
                • Videograaf: Capture the Moment
                • Huwelik kontrak: Van Der Hoff Cloete INC
                • Wittebrood plek: Zanzibar