Tylo & Sonica Neethling

STORIE:


Na byna vier maande se agterbakse beplanning, het Tylo, my beste pêl en studenteliefde, my in Maart gevra om te trou.  Die granaatsteen is deur my Geoloog-mamma uitgekies en in my liewe kleinsus se tas afgekarring Kaap toe vanuit Gauteng.  Tylo het haar laat kom om my te verras.  Na die ja-woord, het ek haar gewaar en besluit om te hardloop, in die reën, om haar te omhels. Soos ʼn toneel uit ʼn spotprent, het ek gegly (sonder ʼn piesangskil) en om my stert in die modder beland.  Darem is die vraag teen daardie tyd al gevra en die ring reeds aan my vinger gesit!

Wetend dat ek nog altyd van ʼn langmou-trourok gedroom het, het my verloofde pligs onderneem om saam die troue te reël binne slegs drie maande.  Kyk, ons ken mekaar al sedert 2017 en wou nie juis langer wag nie!  Hierdie Tukkie het uiteindelik sy Stukkie gevind en gevra.

Ons albei werk voltyds en drie maande is nie lank nie.  Dus het ons die Here vertrou vir ʼn wonderwerk … of tien! Die eerste een was ons venue.  Tim Parker van Highberry Venue and Vineyards se diens was puik– na ʼn enkele epos en skaars ʼn halwe dag later, het ons ʼn afspraak gehad om die plaas te besoek.  Ons was stomgeslaan!  ʼn Paar dae later is die datum vasgemaak: 8 Julie 2023. ʼn Wintersrok wou sy dra, so ʼn winters bruid sou sy wees.

So gepraat van eposse … Ek is vas oortuig dat my laat aand versoek aan Charmaine van Fynbos Bridal Boutique in Durbanville haar skrik op die lyf gejaag het.  Drie maande is mos nie naastenby genoeg tyd om jou droomrok op te spoor nie, of hoe?  Steeds het sy my met ope arms verwelkom en getrou gehelp.  ʼn Laaste voorstel voor die einde van die afspraak het daartoe gelei dat ek my trourok sommer so van die rak af gekoop het– en dit nogal binne my begroting.

Tylo se pak, aan die ander kant, is ʼn snaakse storie.  Na weke se soek, het hy my een middag gebel en ek kon hoor die moed sit in sy skoene. “Liefie, sal jy my asseblief help?”  ʼn Vinnige besoek aan ʼn winkelsentrum lewer toe sy droom uitrusting op: ʼn donkerblou fluweelbaadjie van Woolworths met ʼn netjiese, roomkleurige broek.  Dít, saam met sy wynrooi strikdas, het my knieë ordentlik lam gemaak!

Wat dekor betref, is dit belangrik om te noem dat ek so lief is vir kleur soos ʼn verkleurmannetjie op ʼn Smartieboks: ek kan nie op slegs een gunsteling besluit nie. Die kleurskema vir ons winterstroue was dus ʼn reeks diep juweelkleure, van pers tot teelgroen en alles tussen-in.

My liefste strooimeisies het elk hul eie rok, in hul eie kleur, gedra.  Ons het kleurvolle papier lanterns in die kapel opgehang.  Die glasware se kleure het die reënboog laat skaam kry, maar tog nie sy koms gekeer nie– ja, daar was sowaar op ons troudag ʼn reënboog in die lug!

8 Julie 2023 was kosbaar.  Ons het ʼn belofte gemaak aan mekaar voor ons God, in die teenwoordigheid van ons geliefdes.  Almal was daar om ons samekoms as man en vrou te vier en die Here te eerbiedig vir Sy goedheid teenoor ons.

My vriendin se bakkie was die troukar; ons troukoek was ʼn geskenk; ʼn ander vriendin het die blomme rangskik; die strooijonkers het tafels gedek– dit was ʼn mengelmoes van ʼn dag wat ek vir g’n ander sou verruil nie. Die Neethling-troue was beslis die troue van die jaar, al moet ek dit nou self sê.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23148

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23148

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Gila Hattingh
                • Bruidegom-pak: Woolworths
                • Dekor: All Things Weddings
                • Fotograaf: Auteurs Photography
                • Gaste Geskenke: Nicole Snyman @nicolesnyman_art
                • Grimering: Sophie Jean Make-up
                • Hare: Daphne Nienaber
                • Huweliksbevestiger: Pieter Trichardt (familielid)
                • Juweliersware: Poetry
                • Trouring: Surita du Toit Fine Jewellery
                • Troukoek: Ella’s Cake and Sugar Art @ellascakeandsugarart
                • Platejoggie: Mikael Barnard by One Rock Audio
                • Skoene: Superbalist
                • Trourok: Fynbos Bridal
                • Venue: Highberry Venue and Vineyards
                • Videograaf: Auteurs Photography
                • Wittebrood plek: Imberbe Gastehuis in Struisbaai