Viance & Albertus Van Heerden

STORIE:


Ons het op universiteit ontmoet in ons 3de jaar op Pukke. Ek dink ons storie kan die volgende Nicholas Sparks treffer wees.

Ons trou beplanning is ʼn testimony van God se goedheid en seën. Ons was langer verloof as wat ons wou wees, maar life happens en God se plan en tyd is altyd die beste, ons dag was ongelooflik, ons sal dit enige dag weer doen. My diensverskaffers was almal deur God gestuur, hulle is uitstekend en maak absolute magic, ons is hulle ewig dankbaar vir ons lewenslange herinnering.

Loma en Natasha van Bella Su’lize Bridal Boutique is ongelooflik, ek het ʼn idee in my kop gehad van ʼn rok wat ek graag sal wil hê en Loma het geluister en vrae gevra waarna sy ʼn paar rokke gaan trek het. Ek was oop om enige styl aan te pas want uit ervaring wat op die hanger mooi is, is nie altyd aan jou lyf nie en anders om ook. Soos Loma die rokke na die aanpaskamer vat vang my oog 1 van die rokke en ek dink toe net “ek’s nie so seker oor daai 1 nie”… WOEPS!! Tref daai einste enetjie my reg in die hart. Loma het net geweet … nog voor ek het.

Albertus se gunsteling kleur is blou so hy’t natuurlik gesê hy wil graag ʼn blou pak hê, hy’t nooit geweet daar was so baie verskillende skakerings van blou nie, cue oorweldigende gevoel. Hy het toe n blou gekry waarvan hy hou en sy pak sommer net daar en dan laat tailor.

Ons venue, sjoe! @Boshoek is onbeskryflik. Die atmosfeer, natuur, verblyf, fasiliteite, diens, vriendelikheid, professionalisme, kommunikasie en die kos. Ons gaste praat nou nog oor die kos en diens. Hulle was alles wat ons wou gehad het en meer.

Ons magic maker, Natasha, van DEKinstyl het ALLES gedoen. Ek het met haar my idees gedeel en sy het dit ʼn realiteit gemaak en nog beter as wat ek dit ooit kon indink. Ek het haar vertrou en op ons troudag het ons vir die eerste keer al ons dekor gesien, die seremonie, onthaal, handruikers, drukwerk… alles en ons was verstom.

Ons Fotograaf, Mona-Liza Photography en Videograaf, Genesiswedfilms, was ʼn fees dit was so lekker om ons troudag saam met hulle te deel en te lag en laf wees, net ons wees. Hulle het ons dag vir ons met so veel liefde vir altyd vasgevang.

Mens verwag perfek, veral op ʼn dag wat so kosbaar is maar there is perfect in the imperfect. Dit is daardie oomblikke tydens ons troudag wat vir ons spesiaal is en wat ons vir altyd sal koester saam met die feit dat ons onsself deur ons troue wou uitdruk, dit was absoluut ons, lekker kos, lekker dans, lekker lag en die ekstra klein goedjies soos ons Nougat as trou koek, my neef wat ons getrou het en ons telefoon as gasteboek om ʼn paar te noem. Ons het elke oomblik saam met mekaar gedeel en ingeneem, dit was ʼn voorreg om saam met mekaar en ons geliefdes in samesyn fees te vier oor wat God saam gesit het.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23266

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23266

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: DEKinstyl
                • Bruidegom-pak: Oriental Plaza
                • Dekor: DEKinstyl & @Boshoek
                • Fotograaf: Mona-Liza Photography
                • Gaste Geskenke: Antares Co.
                • Grimering: Zianca Archer Makeup
                • Hare: Zianca Archer Makeup
                • Huurdienste: Leave A Message
                • Huweliksbevestiger: Niël Cloete
                • Juweliersware: Simo and Co.
                • Trouring: Pearl & Diamond Designs
                • Troukoek: Wedgewood Nougat
                • Koördineerder: Bruid
                • Musiek: Gaste versoeke op ons trou website
                • Platejoggie: K P Music Entertainment
                • Skoene: Shein
                • Skryfbehoeftes: DEKinstyl
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Bella Su’Lize Bridal Boutique
                • Venue: @Boshoek
                • Paartjie se verblyf: @Boshoek
                • Vervoer: @Boshoek se claasic kar
                • Videograaf: Genesiswedfilms
                • Huwelik kontrak: Cawood Attorneys