Warren & May-Mari Rousseau

STORIE:


“Julle troue was heel moontlik die lekkerste en spesiaalste troue wat ons al ooit bygewoon het.” ~ Basies 99% van ons trougaste se terugvoering 🙂

Ons troudag kan eenvoudig net as ʼn sprokie beskryf word!

Nadat ek en Warren mekaar gedurende Covid in ʼn aanlyn-boekklub ontmoet het, het ons paaie op 28 Feb 2022 gekruis met ʼn 3-uur lange video-oproep (hy was in Bloemfontein, ek in Reebok). “Fast forward” na 7 Mei 2023, en ons pad as “soon-to-be-husband-and-wife” skop af met ʼn verlowing wat die wind uit my seile neem.

Van die begin af was die volgende vir ons belangrik vir ons troudag:
– Een groot en gemaklike “Boho chic” kuier geleentheid waar ons soveel as moontlik tyd met ons gaste spandeer;
– ʼn Vloei van aktiwiteite wat nie aanhoudend stop en weer begin nie;
– Ons eie stempel op elke detail van kos, musiek, dekor tot die kleredrag en aktiwiteite;
– Ons wou trou beloof by ʼn plek wat nie “cookie cutter” troues aanbied waar ons net soos nog ʼn nommer voel nie.

So waarheen gegaan om ʼn unieke plek te kry wat al die bogenoemde gaan kan weergee? Niks beter as in die hartjie van Stormberge buite my tuisdorp Burgersdorp nie! Maretha Smit van Roodekloof is ʼn ystervrou wat lankal beoog het om ʼn venue op hul besonderse plaas te skep. Een bymekaar kom later, en ons was almal oortuig dat die skaapskuur nét die regte plek is om te trou. En die gogga het gebyt! Saam met ons troudrome wat gevorm en gegroei het, het Maretha se breinkind lewe gekry en ʼn splinternuwe juweel is gebore. Ek sal nooit uitgepraat kan raak oor hoe Maretha uit haar pad gegaan het om saam met ons ʼn fees te skep wat ons vir altyd sal bybly nie!

Die beplanningsfase was ʼn spesiale tyd waarin ek en Warren saam gebou het aan ʼn lewe waarvoor ons albei (en al ons familie en vriende) al so lank gewag het. Ons het hope pret gehad en ʼn webtuiste gebou met een van ons vriende wat elke blom op ons skryfbehoeftes self geverf het! https://wammyrousseau.wixsite.com/wammy -> ʼn besoek aan die webtuiste is ʼn moet, al is dit net om ons storie reg uit ʼn Disney-storieboek te lees.

Ek het nog nooit ʼn spesifieke trourok-prentjie in gedagte gehad nie, maar tannie Julie van Julie Wedderburn Bridal het ʼn “off-white” skepping ontwerp wat soos ʼn handskoen gepas het. Tydloos, sag, vleiend en met die mees besondere blaartjie-kant het ek soos ʼn bos-prinses gevoel.

Warren en sy gevolg se liggrys pakke was somer-gereed en het ʼn perfekte balans gevind tussen formeel en tuin-troue-tux.

Ons het voor die troue reeds mekaar gesien met ʼn “first look” – ʼn intieme onthou-oomblik wat vir ewig sal bly, en daarna gesins- en gevolgfotos geneem. Wat ʼn manier om die vieringe af te skop!

14:00 die middag het ons trou beloof onder ʼn wilgerboom in die pragtige roostuin, met ons gaste wat kon uitspan op ʼn verskeidenheid van antieke stoele, bankies, en komberse. Die diens het gefokus op 16 Desember – Geloftedag – en die gelofte wat ons en almal saam met ons aflê vir ons huweliksreis vorentoe. Die liefde was tasbaar en ons het net oë vir mekaar gehad.

En toe skop die partytjie af! Die middag was ʼn tuinfees vol speletjies – jenga, ʼn blokkiesraaisel vol interessante feite van ons, Kringetjies&Kruisies, boontjiesakkies gooi, en met ʼn gastelys wat 40 kinders onder 12 ingesluit het kon ons nie anders as om ʼn wit springkasteel ook in te bring nie. Ons moes natuurlik self ook ʼn draai op die springkasteel gaan maak!

Ons het elke happie wat die middag voorgesit is met die hand uitgekies en vir ʼn tikkie nostalgie het ek my ouma May se suurlemoenstroop gemaak wat ons op hierdie heerlike warm somersdag kon bedien.

Die middag het oorgevloei na ʼn boere-opskop in die splinternuwe omskepte skuur. Die visie wat ons gehad het was om soveel as moontlik lig te hê – die tafels was vol glas en kerse, die dak ʼn vonkel kombers van feestelike liggies, met ʼn tikkie kleur in sagte ruikers wat hier en daar geplaas is.

Die ete het by ons gemaklike atmosfeer van die dag ingepas – gourmet burgers van die smaaklikste beesvleis wat ek al ooit geproe het (al moet ek dit nou self sê). Daar is gedans, gekuier, gelag, gehuil. En meeste van alles kan ons terugkyk na die dag, en weet dat ons besonderse fotos die spontaniteit van ons as paartjie perfek vasgevang het. Ons liefde. Ons eerlikheid. Ons dankbaarheid dat ons jare lank vir mekaar gewag het. Ons absolute verliefdheid wat ons nooit as vanselfsprekend aanvaar nie.

ʼn Sprokiesverhaal vir die boeke.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23268

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23268

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Maretha Smit
                • Bruidegom-pak: Designer Warehouse
                • Dekor: Better Together Events
                • Fotograaf: August Photography
                • Gaste Geskenke: Wegneemboksie met tuisgemaakte nagereg
                • Grimering: Sharlien – Posh Lab Dan Pienaar
                • Hare: Sharlien – Posh Lab Dan Pienaar
                • Huurdienste: Better Together Events
                • Huweliksbevestiger: Retief Botha
                • Juweliersware: Verskeie
                • Trouring: Heathorns Diamond & Gold
                • Troukoek: Hettie Germishuys
                • Koördineerder: Maretha Smit
                • Musiek: DJ Gommie
                • Platejoggie: DJ Gommie
                • Skoene: Miss Black
                • Skryfbehoeftes: Quinton Schenk
                • Strooimeisie-rokke: Truworths
                • Trourok: Julie Wedderburn Bridal
                • Venue: Roodekloof Boutique Guest Farm and Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: The Kingsman Boutique Hotel
                • Vermaak: Mario Lategan
                • Videograaf: August Photography
                • Huwelik kontrak: RiG Attorneys Inc.
                • Wittebrood plek: Seven Oaks Winery