Werner & Mignon Pretsch

STORIE:


Werner en Mignon het mekaar deur ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet en was aanvanklik ook net vriende. Die vroeë dae van hulle vriendskap was gevul met koffie-afsprake tot pret saam met vriende/familie en uitstappies na die tennisbaan. Al hierdie oomblikke saam het hul konneksie en aantrekkingskrag na mekaar verdiep en is tyd wat hulle vir niks in die wêreld sal verruil nie.

Na ʼn paar maande van vriende-wees wou Werner dit op die old-school manier doen en het Mignon gevra om formeel sy meisie te wees. Net ses maande daarna, met ʼn vriendskapsband wat soos ʼn leeftyd in wording gevoel het, het Werner die perfekte verrassings verlowing by een van Mignon se gunsteling vakansiebestemming saam haar gesin beplan.

Dié geheime verlowing was gevul met baie agter-die-skerm beplanning. Vlugte heen-en-weer om Mignon se familie se toestemming te vra om werklik met haar te trou en ʼn absoluut perfekte en onverwagte verlowing op die strand tydens sonsopkoms. Mignon het niks verwag nie en was stomgeslaan hoe Werner die hele storie gereël kon kry.

Ons storie spreek regtig vir my van ʼn ware getuienis van hoe wag vir die regte een só die moeite werd is en saam met dit hoe God se tydsberekening net beter is as wat ons óóit kon dink, droom of voorstel.

Na ons verlowing was ons ʼn volle 10maande verloof voor die groot dag.

Die hele benadering tot ons troue was anders van die begin af. Ons hoof vertrekpunt was, dat ons nie oor die klein goed wil worry nie EN wil fokus op die rede hoekom ons trou en die goed wat vir ons belangrik is. Ek glo ook ten volle dat dit oorgevloei het na ons gaste en algehele gevoel op die dag ook.

Daar is ʼn lys van goed wat ons op die nie-tradisionele manier gedoen het en ons is tot vandag dankbaar dat ons gedink het oor hoe en wat ons wil doen.

Ons het vriende genooi om die Vrydagaand met ʼn spitbraai by ʼn nabygeleë lodge te vier en tot ons verbasing het meer as die helfte van ons trougaste aangesluit. Dit het meer geleenthede geskep om met gaste te praat en sommige oomblikke in te neem EN natuurlik die viering ook langer te laat aanhou.

Die oggend van ons troue het ons ook besluit om vroeg op te staan en koffie te drink en saam oggend toewyding te doen, wat die tradisie na seker baie se opinie verbreek – maar dit het ons ʼn bietjie alleentyd gegee (waarvan jy baie min op die dag het) – en so het ons ook, seker die grootste dag van ons lewe saam op ʼn manier begin wat ons glo reg is.

Ons het ook tyd opsygesit om tyd by die canapé by ons troue deur te bring wat baie paartjies mis weens foto’s – dit was so die moeite werd.

En ons het ook ʼn paar selfies en video’s deur die loop van die dag geneem, wat oomblikke is wat herinneringe vasvang wat ʼn mens amper nooit op daardie dag kan inneem nie. My eerste trourok het ook sakke gehad wat hierdie maklik gemaak het 😉

Iewers gedurende die aand het ons ook voor in die venue gestaan en na al die tafels gekyk, met mense wat eet, gesels en lag en dit was vir ons ʼn diepgaande oomblik om al die mense te sien wat ons liefhet en koester, daar, almal saam, besig om ons vier.

Die kleure van die troue was swart en wit, ook die kleure wat die gaste versoek is om te dra. Die gaste is versoek om ook ʼn bietjie meer formeel aan te trek. Mignon het nog altyd gedroom van hierdie kleure en ʼn bietjie meer “formele” troue, en Werner het ingestem.

Nadat ons ʼn hele paar troues in ons lewe bygewoon het – het ons van die begin af besluit dat ons nie geld op dinge wil spandeer net vir die show of ter wille van dit nie. Baie dinge tydens troubeplanning word net aangeneem sonder om regtig daaraan te dink.

Die troue was dus deftig en super-minimalisties – en ons het daarby gehou tot die einde toe. Die blomme op die tafels was simplisties, met individuele blomme in glas potte, gekombineer met baie groenigheid en kerse. Tafelversiering was eenvoudig, swart, glas, ʼn bietjie goud en die groenigheid en kerse het ook ʼn lekker vars voorkoms daaraan gebring.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23255

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23255

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Lavieestbellewedding
                • Bruidegom-pak: NA
                • Dekor: Lavieestbellewedding
                • Fotograaf: Mighty Fine Weddings
                • Gaste Geskenke: NA
                • Grimering: yr_makeup_artistry
                • Hare: C_Morr.hairart
                • Huurdienste: NA
                • Huweliksbevestiger: Gerrie Bodenstein
                • Juweliersware: NA
                • Trouring: Stonz Diamonds
                • Troukoek: NA
                • Koördineerder: Mooiplaas Venue – Tanieta
                • Musiek: Sound Hatch Productions
                • Platejoggie: Sound Hatch Productions
                • Skoene: Forever New
                • Skryfbehoeftes: Lavieestbellewedding
                • Strooimeisie-rokke: Poetry
                • Tente: NA
                • Trourok: Relove_Bridal
                • Venue: Mooiplaas Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Soetdoring Game Farm
                • Vermaak: NA
                • Vervoer: NA
                • Videograaf: Mighty Fine Weddings
                • Huwelik kontrak: Gerrie Bodenstein
                • Wittebrood plek: Turkye