GEREELDE VRAE

Kan ek stem as ek nie SnapScan het nie?

Ja.  Jy kan gebruik maak van ons Yoco Kaart Betaling opsie waar jy per Debiet/Krediet kaart kan betaal.  Anders het ons ook ‘n EFT opsie. Gebruik die korrekte verwysing nommer soos in die paartjie se profiel. Indien jy nie die korrekte verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

As ek met SnapScan stem, hoe weet jy watter troue ek voor stem?

Jy moet kies om met die SnapScan opsie te betaal wanneer op die paartjie se profiel is.  Jy sal sien as jy die SnapScan knoppie klik op die paartjie se profiel dit maak oop met ‘n QR-kode en dan ook ‘n “payment id” wat sal begin met TVJ21***.  Elke paartjie se profiel het ‘n unieke kode wat gekoppel is aan hul profiel en wat gebruik word om stemme te tel.

Ek het ‘n EFT of Yoco betaling gemaak en die inkorrekte verwysing gebruik.  Wat nou?

Stuur ‘n e-pos met jou bewys van betaling en die paartjie se korrekte verwysing nommer, name en van na kontak@trouevandiejaar.co.za.  

Hoekom kan ek nie net per SMS stem nie?

Ongelukkig het ons nie ‘n SMS stem stelsel nie.  Met moderne tegnologie is daar meer opsies en ons maak gebruik van SnapScan, Yoco en EFT om rekord te hou van die stemme.  Dit is ook baie veiliger om sodoende ‘n rekord van die stemme te hou. 

Hoe werk die stem proses?

Jy sal op die paartjie se profiel in gaan waar jy  ‘n SnapScan knoppie sal sien om te stem of jy kan stem deur gebruik te maak van die EFT stem opsie.  R 1 = 1 stem. 

  • Die minimum stem bedrag vir SnapScan is R1.00
  • Die minimum stem bedrag vir Yoco is R2.00.
  • Die minimum stem bedrag vir EFT is R50.00

Hoekom moet ek betaal om te stem?

Ons maak gebruik van ‘n buite besigheid, SnapScan en Yoco om die stemme akkuraat te tel en rekord van die stemme te hou, daarom het ons die minimale koste van R 1 per stem. 

Wat is die terme en bepalings van die kompetisie?

Klik hier om die kompetisie terme en bepalings te lees.  

Hoe weet paartjies of iemand vir hul gestem het?

Die paartjie sal weekliks op datum gehou word met ‘n verslag oor hoeveel stemme hulle tot dusver het. 

Hoe sal die wenner bepaal word?

  • Dit gaan oor die aantal stemme wat jy kry. 
  • Hoe meer mense vir julle troue stem, hoe beter is julle kans.
  • As jy dit maak tot in die top 10 is jy baie gelukkig.
  • Die top 10 sal ‘n e-pos ontvang soos gestipuleer in ons reëls. 
  • Die top 3 met die meeste stemme sal die wenners bepaal.

Daar is spelfoute en grammatika foute op die paartjies se profiel, hoekom?

Troue van die Jaar verander ongelukkig nie die geskrewe van die paartjies se inskrywings nie.  Dit word net so aanlyn geplaas soos ons dit ontvang.

Kan ek my troue êrens anders laat publiseer as ek deel neem aan die Troue van die Jaar kompetisie?

Ja, jy is meer as welkom om dit enige plek in te dien vir publikasie. Hierdie is ‘n kompetisie en nie ‘n publikasie nie.