Inskrywings vir Troue van die Jaar:
- Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om dit te lees.
- Deur in te skryf vir die Troue van die Jaar kompetisie aanvaar jy Mooi Troue se Gebruiksvoorwaardes en Webtuiste Bepalings en Voorwaardes , Publikasies Bepalings en Voorwaardes asook hul Privaatheidsbeleid.
- Paartjies wat tussen 1 Januarie 2026 en 31 Desember 2026 getrou het mag inskryf vir die Troue van die Jaar 2026 kompetisie.
- Slegs die paartjie self mag inskryf. Ons sal nie enige inskrywings aanvaar waar ʼn derde party namens die paartjie ingeskryf het nie.
- Slegs paartjies wat in Suid-Afrika getrou het en wie se troue geregistreer is in Suid-Afrika mag deel neem aan die kompetisie.
- Slegs Suid Afrikaanse burgers mag inskryf vir die kompetisie.
- Inskrywings vir Troue van die Jaar 2026 is oop vanaf 1 Januarie 2026 en sluit 28 Februarie 2027.
- Enige troue en/of inhoud wat na 28 Februarie 2027 ingedien word sal nie deel vorm van die kompetisie nie.
- Vir jou inskrywing om op die Troue van die Jaar 2026 blad te verskyn sal die volgende reëls geld:
- Jy moet die inskrywings vorm invul op Troue van die Jaar se webtuiste.
- Nadat jy die inskrywings vorm voltooi het sal jy ʼn e-pos ontvang wat belangrike stappe wat gevolg moet word bevat.
- Foto’s moet opgelaai word via ons aanlyn foto oplaai platvorm nadat jy die inskrywingsvorm op die Troue van die Jaar webwerf voltooi het.
- Troue van die Jaar se anonieme beoordelaars sal elke inskrywing deur gaan om seker te maak dat die troue wel ʼn kans staan om deel te vorm van die Troue van die Jaar inskrywings vir daardie jaar. Die anonieme beoordelaars sal kyk na die gehalte van die foto’s asook die dekor elemente van die troue wat ingeskryf is. Indien die anonieme beoordelaars dink die troue voldoen aan die minimum standaarde dan sal die troue aanlyn verskyn en deel vorm van die Troue van die Jaar kompetisie van die spesifieke jaar.
- Indien jy nie ʼn e-pos ontvang het met ʼn skakel na jou profiel toe binne 21 dae nie, was jou inskrywing onsuksesvol en sal die inskrywing nie deel vorm van die Troue van die Jaar kompetisie nie.
- Geen gratis veranderinge sal gemaak word nie, so maak seker alles is korrek wanneer jy inskryf. Veranderinge sal gemaak word teen R 500.00 per verandering. Stuur ons ʼn e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za om enige veranderinge te versoek.
- Die Troue van die Jaar kompetisie is nie oop vir werknemers, die direkteure en hul onmiddellike families of die borge of die adverteerders verbonde aan Mooi Troues en Troue van die Jaar nie.
- Troue van die Jaar het die reg om enige paartjie wat inskryf se huwelikssertifikaat aan te vra indien nodig.
- Troue van die Jaar sal teen 20 Februarie 2027 begin voorberei vir die stemproses en vanaf 20 Februarie 2027 sal al die goedgekeurde inskrywings en profiele aflyn gaan tot-en-met stemproses oop maak.
Stem reëls:
- Die stemproses maak teen 7 Maart 2027 oop.
- Die publiek kan vir hul gunsteling troues stem tot en met 11 Julie 2027 om 11:59 nm. Die sluitings datum vir stemme is op 11 Julie 2027 om 11:59 nm.
- Elke stem sal R 1 per stem kos en persone kan stem deur SnapScan, Yoco of EFT op die paartjie se profiel.
- Daar mag dalk promosie-stemme ook gehou word gedurende die algemene stem periode.
- Die finale top 10 word bepaal deur die aantal stemme wat elke een van daardie troues ontvang het vanaf die publiek insluitende promosie-stemme. Die top 10 stemme sal op 15 Julie 2027 aangekondig word.
- Die finale top 10 se stem telling sal herstel word na die werklike geldwaarde stem-telling nadat die Top 10 aangekondig word op 15 Julie 2027.
- Die finale top 10 sal ʼn e-pos ontvang met ʼn dokument wat die bepalings en voorwaardes lys. Hierdie dokument moet deur die getroude paartjie voltooi word en is verpligtend.
- Die top 10 finale stemme sal begin op 15 Julie 2027 en sluit op 8 Augustus 2027 om 11:59 nm..
- Die wenner sal teen 15 Augustus 2027 aangekondig word.
- Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.
- Die wenners sal ook 15 Augustus 2027 op Mooi Troues se sosiale media platvorms bekend gemaak word.
- Geen terugbetalings vir betaalde stemme sal gedoen word nie.
- Gebruik die korrekte verwysing nommer soos in die paartjie se profiel. Indien jy nie die korrekte verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Prys Bepalings en Voorwaardes :
- Pryse kan slegs gewen word deur paartjies wat ʼn profiel op Troue van die Jaar het. Die stemmers sal nie enige pryse wen nie.
- Elke prys het sy eie bepalings en voorwaardes. Lees meer oor die spesifieke kompetisie se bepalings en voorwaardes op hul kompetisie blad, soos gelys onder pryse op die Troue van die Jaar webtuiste.
- Troue van die Jaar/Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir enige pryse wat gewen word nie. Mooi Troues bemark pryse namens die borge van die kompetisie en het geen besluitnemings teenoor die pryse wat gewen word nie en of enige veranderinge wat gemaak word nie.
- Enige skending of poging om enige van die bepalings en voorwaardes van die kompetisie te skend, sal lei tot die onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys of pryse deur die bemarkers.
- Troue van die Jaar/Mooi Troues sal nie enige stem gelde terugbetaal aan stemmers nie.
- Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van ʼn pandemie, siektes, rampe, natuurlike rampe, onnatuurlike rampe, borge wat verander, borge wat nie meer in besigheid is nie, borge wat onttrek, pryse wat verander, pryse wat nie meer beskikbaar is nie, infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van die bemarkers, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die kompetisie bederf of raak, sal die bemarkers geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van die begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
- Pryse kan nie oorgedra word na enige ander persoon toe nie.
- Pryse kan nie verruil vir enige ander produkte of dienste nie.
- Pryse kan nie verruil word vir kontant nie.
- Mooi Troues/Troue van die Jaar kan nie verantwoordelik gehou word vir enige tik foute, spelfoute, foute of verkeerde bewoording is op die prys blaaie nie.
Algemene Bepalings en Voorwaardes :
- Indien die paartjie nie meer getroud is wanneer die wenner van die kompetisie aangekondig word nie, sal die opvolger die prys wen.
- Mooi Troues/Troue van die Jaar behou die reg om enige inskrywing sonder kennisgewing aan die deelnemers te verwyder of te kanselleer indien die inskrywing nie aan die vereistes voldoen nie of indien daar enige teenstrydighede met betrekking tot die inskrywing is. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, verkeerde inligting wat deur die deelnemers verskaf is, verkeerde besonderhede van diensverskaffers, of enige teenstrydighede met betrekking tot diensverskaffers, die skrywe, of die beelde wat deur die deelnemers verskaf is nie.
- Foto’s vir Troue van die Jaar advertensie doeleindes is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
- Enige poging om enige van die bepalings en voorwaardes te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers en of die borge.
- Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, sal Troue van die Jaar/Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie. Dit sluit in as gevolg van ʼn pandemie, siektes, rampe, natuurlike rampe, onnatuurlike rampe, borge wat verander, borge wat nie meer in besigheid is nie, borge wat onttrek, pryse wat verander, pryse wat nie meer beskikbaar is nie, infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Troue van die Jaar/Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
- Mooi Troues/Troue van die Jaar kan nie verantwoordelik gehou word vir tik foute, stelsel foute of enige veranderinge deur die borge nie.
- Die paartjie het die reg om hul inskrywing enige tyd gedurende die kompetisie te kanselleer. Indien die paartjie hul inskrywing kanselleer, sal hulle al die huidige stemme verloor. Geen terugbetalings vir stemme sal gedoen word nie.
Privaatheidsbeleid:
- Mooi Troues/Troue van die Jaar se Privaatheidsbeleid kan op hul webtuiste gevind word.
- Deur in te skryf vir Troue van die Jaar se kompetisie gee ek toestemming aan Troue van die Jaar en Mooi Troues dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook ʼn intekenaar wil wees van hul nuusbriewe.
- Troue van die Jaar/Mooi Troues sal die volgende informasie van die finale Top 10 met die borge en hul verteenwoordigers deel:
- Vennoot A en Vennoot B se Volle Name en Van;
- Vennoot A en Vennoot B se e-pos adres;
- Vennoot A en Vennoot B se selfoonnommer;
- Vennoot A en Vennoot B se fisiese adres;
- Die Troue van die Jaar/Mooi Troues borge mag moontlik bykomende inligting vanaf die wenners versoek. Die informasie wat die borge vanaf Vennoot A en Vennoot B kry is nie die verantwoordelikheid van Troue van die Jaar/Mooi Troues nie.
Diensverskaffers:
- Mooi Troues/Troue van die Jaar het die reg om enige diensverskaffer se krediet te verwyder.
- Mooi Troues behou die reg voor om enige advertensie prys wat ʼn moontlike adverteerder gewen het van die hand te wys indien die adverteerder se besigheid/diens/produkte nie aan die minimum advertensie standaarde voldoen nie, en of nie voldoen aan die minimum vereiste advertensie kontrak bepalings en voorwaardes van Mooi Troues.
Reg op Kansellasie
- Troue van die Jaar behou die volle en onvoorwaardelike reg voor om die kompetisie te kanselleer, op te skort of te beëindig te eniger tyd voor die aanvang van publieke stemming. Sodanige kansellasie kan uitgeoefen word na die diskresie van die organiseerders, sonder enige verpligting om redes of regverdiging te verskaf.
- Deur aan die kompetisie deel te neem, erken en stem alle deelnemers toe dat geen eise, skadevergoeding of aanspreeklikheid van enige aard teen Troue van die Jaar, sy organiseerders, vennote of affiliasies sal ontstaan as gevolg van sodanige kansellasie of beëindiging nie.
Veranderinge aan Bepalings en Voorwaardes:
- Mooi Troues/Troue van die Jaar behou die reg om veranderinge te maak aan die Bepalings en Voorwaardes.
