STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25020
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons het op 22 besluit ons gaan trou — want hoekom wag as jy reeds weet jy het jou pasmaat gekry? Ons liefde vir avontuur, natuur en mense het elke deel van ons beplanning beïnvloed. Ons wou nie net ’n mooi dag hê nie; ons wou ’n naweek-ervaring skep waar almal vir wie ons lief is werklik deel van die fees kon wees.
Met die hulp van Google Maps het ons op ’n sprokiesparadys net buite Lydenburg afgekom: Boshoek Weddings. Imposante bome, oop natuur en ’n moderne kapel wat oor die berge uitkyk het ons harte onmiddellik gesteel.
Baie gaste het op die plaas ge-glamp in luukse tente met ’n gemeenskaplike braai-area, buite kombuis en swembad. Ons gastelys was 144 mense — ons wou saam al ons geliefdes fees vier. Meeste het reeds Vrydagaand aangekom en die naweek het begin met lag en saam kuier onder die sterre.
My man het ons trouwebwerf ontwerp en met prettige kwinkslae is uitnodigings en inligting gedeel. Ek wou kleur inbring met die dekor: helder pastelblomme wat gepas het by my bruidsmeisies se rokke in sagte skakerings. Ons het gaste aangemoedig om kleurvol aan te trek, wat die venue laat leef het. Ons trouprogram was handwaaiers — prakties én oulik vir ’n warm somersdag. ’n Fotomuur het ons storie deur die jare vertel, vol mense na aan ons hart. Een van my bruidsmeisies het ook ons verwelkomingsbord vol pragtige blomme geskilder.
Ná baie rok-passings is my droomrok ontwerp en gemaak, terwyl Aaron sonder drama sy pak gekies het. Volgens hom is dit “nie so diep nie”. Ná ’n emosionele seremonie is ons as man en vrou verwelkom met canapé’s en speletjies op die gras. Ons het reeds daar aan ons pragtige troukoek begin eet en ’n slot aan ’n boom vasgemaak as simbool van ons verbintenis.
Die onthaal was vol vreugde, dans en toesprake wat almal laat huil én lag het. Ons ouers was ware steunpilare deur die hele proses, en dit was besonders om soveel familie saam te hê.
Maar bo al die dekor en beplanning was die mooiste deel God se teenwoordigheid.
Diensverskaffers:
- Blomme: Susan Smit
- Bruidegom-pak: Edgars
- Fotograaf: The Vermeulens
- Gaste Geskenke: Marisa van der Walt
- Grimering: LeChic Makeup by Heidie
- Hare: Janine lategan
- Huurdienste: Eastco Party Hire
- Juweliersware: Fynbos Bridal Boutique
- Trouring: Sentique Juweliers
- Troukoek: The Big Cake Studio
- Koördineerder: @Boshoek Weddigs
- Platejoggie: KP Music Entertainment
- Skoene: Froggies
- Strooimeisie-rokke: Sticky Toffee Clothing
- Tente: @Boshoek Weddings
- Trourok: Nadia May Bridal Couture
- Venue: @Boshoek Weddings
- Paartjie se verblyf: @Boshoek Weddings
- Videograaf: The Vermeulens
- Huwelik kontrak: Bianca Kompagnie van AJ Scholtz Attorneys
- Wittebrood plek: ‘n Toer deur Suid-Afrika!

