GEREELDE VRAE

Hoe stem ek?

Ons het drie stem opsies beskikbaar:  Yoco, SnapScan of EFT.

Watter verwysing moet ek gebruik as ek met Yoco of EFT stem?

Op die paartjie se profiel sal daar ‘n verwysings kode wees wat met TVJ23*** begin. Gebruik die korrekte verwysing soos aangedui op die paartjie se profiel wanneer jy via Yoco of EFT stem. As jy nie die korrekte verwysingsnommer gebruik nie, sal die stemme nie na die korrekte paartjie se profiel toegeken word nie. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Ek het ‘n EFT of Yoco betaling gemaak en die inkorrekte verwysing gebruik.  Wat nou?

Stuur ‘n e-pos met jou bewys van betaling en die paartjie name, getroude van en die korrekte verwysing na kontak@trouevandiejaar.co.za.  

As ek met SnapScan stem, hoe weet jy watter troue ek voor stem?

Indien jy kies om met SnapScan te stem wanneer op die paartjie se profiel is.  As jy die SnapScan knoppie klik op die paartjie se profiel dit maak oop met ‘n QR-kode en dan ook ‘n “payment id” wat sal begin met TVJ23***.  Elke paartjie se profiel het ‘n unieke kode wat gekoppel is aan hul profiel en wat gebruik word om stemme te tel.

Hoekom kan ek nie net per SMS stem nie?

Ongelukkig het ons nie ‘n SMS stem stelsel nie.  Met moderne tegnologie is daar meer opsies en ons maak gebruik van SnapScan, Yoco en EFT om rekord te hou van die stemme.  Dit is ook baie veiliger om sodoende ‘n rekord van die stemme te hou. 

Is daar ‘n minimum stem bedrag?

Stemme is R 1 = 1 stem. 

  • Die minimum stem bedrag vir SnapScan is R1.00
  • Die minimum stem bedrag vir Yoco is R2.00.

Hoekom moet ek betaal om te stem?

Daar gaan baie werk in om ‘n kompetisie soos die te hou, daarom is daar ‘n minimale koste van R 1 per stem. 

Wat is die bepalings en voorwaardes van die kompetisie?

Klik hier om die kompetisie bepalings en voorwaardes te lees.  

Hoe weet paartjies of iemand vir hul gestem het?

Die paartjie sal weekliks op datum gehou word met ‘n verslag oor hoeveel stemme hulle tot dusver het. 

Hoe sal die wenner bepaal word?

  • Dit gaan oor die aantal publieke stemme wat die spesifieke profiel kry.
  • Hoe meer mense vir julle troue stem, hoe beter is julle kans.
  • As jy dit maak tot in die top 10 is jy baie gelukkig.
  • Die top 10 sal ‘n e-pos ontvang soos gestipuleer in ons reëls. 
  • Die top 10 se stemme sal na hul geldwaardes teruggestel word voordat finale stemming sal voortgaan.
  • Die top 3 met die meeste stemme sal die wenners bepaal.

Daar is spelfoute en grammatika foute op die paartjies se profiel, hoekom?

Troue van die Jaar verander ongelukkig nie die geskrewe van die paartjies se inskrywings nie.  Dit word net so aanlyn geplaas soos ons dit ontvang vanaf die paartjies.

Kan ek my troue êrens anders laat publiseer as ek deel neem aan die Troue van die Jaar kompetisie?

Ja, jy is meer as welkom om dit enige plek in te dien vir publikasie. Hierdie is ‘n kompetisie en nie ‘n publikasie nie. 

Het julle ‘n hulp video waar ek kan sien hoe ek moet stem?

Ja, sien die video hieronder.