STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25029
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troue was meer as net ’n viering van liefde — dit was ’n storie van familie, geduld en ’n paar modderige verrassings. Van die begin af was my skoonma die dryfkrag agter meeste van die beplanning. Met haar oog vir detail het sy alles gereël en gekoördineer, terwyl ons die groot besluite geneem het. Dit was regtig ’n spanpoging, met haar as die stil krag agter die skerms.
Selfs ons trouklere het ongelooflik maklik uitgewerk. My vrou het by die heel eerste rokwinkel haar droomrok gekry — iets wat min bruide beleef. Ek kon my klere net so maklik kry, met die hulp en insette van my ma en die belangrike vrouens in my lewe. Die enigste vereiste was dat dit navy blou moes wees.
Blou is ’n kleur wat ons albei lief het en dit moes deel wees van ons troue.
Die troubeplanner en my skoonma het selfs daarin geslaag om blou blomme buite seisoen te kry — iets wat amper onmoontlik gelyk het. Tog het dit perfek uitgewerk en ons sprokiestroue het presies die regte hoeveelheid blou gehad.
Op ons troudag, het ’n sagte reëntjie die heeldag geval. Die venue, ’n plaas net buite Bloemfontein, was slegs bereikbaar via ’n grondpad wat vinnig modderig geraak het met die reën. Sommige gaste het vasgesit, ander het met ‘n wilde rit aangekom en ’n paar moes skoene omruil. Deur dit alles het ons kalm gebly — en toe almal daar was, het alles seepglad verloop.
Die aand was warm en gesellig. Die buffet was so groot dat niemand by alles kon uitkom om te proe nie. My vrou, ’n koekversierder van beroep, het self ons troukoek gebak en versier — een van die groot hoogtepunte van die aand.
Al 82 gaste wat ons genooi het, het opgedaag, ondanks ver reise vanaf die Kaap, die res van die land en in sommige gevalle vanaf die buiteland. Dit het ons herinner hoe ongelooflik geseënd ons is. Perfek-onperfek — en heeltemal ons s’n.


Diensverskaffers:
- Blomme: Bowtie Evolutions
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Bowtie Evolutions, Lighticle, De Oude Kraal Country Estate
- Fotograaf: Anja Aucamp
- Gaste Geskenke: Gekarameliseerde springmielies met ‘n plakker wat lees, “Thanks for popping by!”
- Grimering: Amber-Rose Makeup
- Hare: The Salon – Caz & Ruth
- Huurdienste: Bowtie Evolutions, Lighticle, Star Sound, De Oude Kraal Country Estate
- Huweliksbevestiger: Ds. Johan Marais
- Juweliersware: Harli + Harpa
- Trouring: Titanium Studio, Heathorn’s Diamonds & Gold
- Troukoek: CHANTILLY Bespoke Cakery
- Koördineerder: Melanie Moolman
- Musiek: Star Sound
- Platejoggie: Star Sound
- Skoene: Trenery/Jet
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Blanco Bridal Couture
- Venue: De Oude Kraal Country Estate
- Paartjie se verblyf: De Oude Kraal Country Estate
- Vermaak: Star Sound
- Vervoer: City bug
- Videograaf: Robyn Knot Productions
- Huwelik kontrak: Theron & Stoltz inc.
- Wittebrood plek: Summerfields Rose Retreat, Kruger Gate Hotel
