STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25084
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons het verlief geraak toe ons altwee 16 was, ons was saam op skool en het altyd ʼn sagte plekkie vir mekaar gehad. Ons lewens het egter ander draaie met ons geloop, maar in 2022 het ek hom vlugtig in ʼn winkelsentrum raak geloop en the rest is history. Hy het my net daar op my voorkop gesoen en gesê: Ek is lief vir jou Lorinda en ek belowe ek gaan jou weer sien.” Ek is daar weg met geen inkopies, ʼn hart wat buite my bors klop en die wete dat hy vir altyd my baken vir liefde sou wees.
Ons het verloof geraak in September 2025. Skelmpies vir my verlof gereël. En toe ek weer sien staan ek in Hermanus, die plek met die reuse walvisse wat vir my nog altyd n droom was om te sien. So gebeur dit ook, ons is uit op ʼn bootjie en ek hoop kliphard dat dit dalk nou gaan gebeur, maar niks. So net voor ek opgee sê hy op die laaste aand hy wil n draai gaan loop op die strand. Ek aangetrek in ʼn aandrok want hy het ʼn tafel gebook, ietwat knorrig oor ek nou in hakkies en rooi lippies op sand moet gaan loop. Toe ek omdraai staan hy op sy knie en fotograwe begin uit bosse en agter rotse uitsluip. Ek dog eers ons word beroof, tipies blond! Na die see my hakskoentjies, baadjie en selfoon gegaps het en ek moes in swem om dit terug te kry, is ons toe verloof en geshoot. Dit was perfek en ek het dit glad nie verwag nie.
Skaam om te vra oor wanneer ons gaan trou (ʼn meisie wil ook nou nie te “pushy” wees nie) het hy skielik eendag gesê Desember. Opgewonde antwoord ek dat dit ons darem nog ʼn jaar gee. Nee nee, sê hy. Díe Desember! Ek was in die wolke maar ook skrikkerig omdat ek 3 maande sou hê om te beplan.
Na ek een middag moedeloos by die huis gekom het, het hy vir my gesê dat ek moet ontspan, hy sal alles reël. En Boy o Boy, het hy iets ongelooflik, iets out of this world aan mekaar gesit IN TWEE DAE!!
Ek het my rok gedoen en hy al die res. Daar is nie een enkele detail wat hy van vergeet het nie. Ons is getroud bo op Chapmans Peak in die Weskaap. Net ek, hy en die Dominee. Ongelooflik!!!!
Diensverskaffers:
- Blomme: Caroline Fine Flowers
- Bruidegom-pak: Polo
- Dekor: Caltivate Picnic
- Fotograaf: Ever Ever Photography
- Grimering: Sarah Swoon
- Hare: Sarah Swoon en Nudo Pretoria
- Huurdienste: Caltivate Picnic
- Huweliksbevestiger: Ds. Lesli Uys
- Juweliersware: Fynbos
- Trouring: Browns
- Troukoek: Caltivate Picnic
- Koördineerder: My man- Alrich
- Musiek: Alrich
- Platejoggie: Alrich
- Skoene: Fynbos
- Trourok: Olivelli
- Venue: Misty Cliffs Sky Cabin/ Chapmans Peak/ Longstreet
- Paartjie se verblyf: Sky Cabin Misty Cliffs
- Videograaf: Ever Ever Photography
- Huwelik kontrak: De Lesli Uys
- Wittebrood plek: Wes Kaap getoer

