STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25006
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Van kleins af droom elke dogtertjie oor haar droom troudag. Die rok wat sy gaan dra, die mense wat die dag saam gaan vier en die man wie sy gaan trou en ek kan beslis vir daai klein dogtertjie sê dat ons die perfekte troue gehad het!
Ek en Divan het Desember 2024 verloof geraak op die strand in Grootbrakrivier met ʼn sonsak, die see en ons honde by ons. Ek sou die oomblik vir niks wou ruil nie.
Januarie 2025 het ons volstoom begin beplan. Ons wou ʼn klein intieme troue he vêr van die huis af. Min het ons geweet hoeveel detail, besluite en reëlings in so groot dag ingaan.
Op 1 November 2025 was ons groot dag. On het ʼn naweektroue in Parys gehad met 50 van ons naaste mense, afgeskop met ’n Vrydagaandbraai en afgesluit met ’n Sondagoggendontbyt.
My trourok was ’n stywe spierwit rok met ’n oop rug, ʼn lang sleep met ’n bietjie kantdetail. Toe ek die rok die eerste keer aantrek het ek dadelik geweet dis die een. Divan het ’n elegante swart en wit pak gedra, wat saam met my rok die perfekte formele en elegante gevoel geskep het.
Ons venue was versier in wit en swart dekor met ligblou aksente. Ons blomme was hoofsaaklik wit rose met ’n paar blou blomme hier en daar. Saam het alles ’n elegante en tydlose gevoel geskep.
Ek het my troujourney, raad en idees op TikTok met duisende ander toekomstige bruide gedeel. Elke like, comment en boodskap het my gemotiveer om nie net die mooi oomblikke nie, maar ook die stres en die realiteit van troubeplanning te deel.
Van groot besluite soos die perfekte trourok, tot klein besluite soos die tafeldekor, was elke oomblik, elke bietjie stres en elke opoffering 100% die moeite werd.
Troubeplanning is nie vir sussies nie, maar hier staan ek en Divan, 2 maande getroud, ongelooflik dankbaar en met verskriklik baie herinneringe.
As my trou journey ander bruide kan inspireer om elke oomblik van hul eie reis te geniet, te onthou waaroor die dag werklik gaan en om deur alles saam met hul metgesel te staan, dan is dit vir my ʼn wen!
Diensverskaffers:
- Blomme: Tjirp Wedding Venue
- Bruidegom-pak: Bridal and Tuxedo Fourways
- Dekor: Tjirp Wedding Venue
- Fotograaf: Heidi-Mari Photography en Liandi Taljaard Photo & Film
- Gaste Geskenke: Wedding Creations
- Grimering: Ma Cherie Makeup Artistry
- Hare: Ma Cherie Makeup Artistry
- Huweliksbevestiger: The I do Guy
- Juweliersware: Daniel Wellington
- Trouring: The Diamond Box
- Troukoek: Black Orchid Cafe
- Koördineerder: Tjirp Wedding Venue
- Musiek: Viool – Lize Schaap
- Platejoggie: Jason Morris
- Skoene: Bruidegom (Woolworths) & Bruid (Bruidjie)
- Skryfbehoeftes: Wedding Creations
- Strooimeisie-rokke: Bridal and Tuxedo Fourways
- Trourok: Bridal Wardrobe
- Venue: Tjirp Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Tjirp Wedding Venue
- Vermaak: Viool – Lize Schaap
- Videograaf: Heidi-Mari Photography en Jacques Photography & Film
- Wittebrood plek: Europese Cruise (Frankryk, Spanje en Italië)

