STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25008
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Vir Stephan was dit Anè se belangstelling in Formule 1 wat sy belangstelling in haar geprikkel het en vir haar was dit sy diepte tussen sy min woorde. Na hy haar vergesel het na ʼn koshuisdinee, was dit uit God se pen in die sterre geskryf…
Die Here se belofte oor my en Stephan se huwelik is ʼn “NUWE LEWE”. ʼn Lewe van genade en nuut skeppings.
En dis ons storie.
Ek was nog altyd mal oor ʼn protea en was dit vanselfsprekend dat dit die hoof blom op ons troue sou wees tussen deur die feesmaal atmosfeer wat ons graag vir ons en ons gaste wou skep. Die Here het vir my kom wys dat die protea soveel meer as net ʼn blom was. Sy belofte is daarin vasgevang. Wanneer ʼn protea brand, gaan hy dood, skiet hy saad en blom hy weer. Hy word nuwe lewe. Die ring wat Stephan vir my gekoop het se “setting” is ʼn protea en herinner my elke keer van God se belofte wanneer ek dit aansit.
Ons het op die 5de April getrou. Die nommer 5 verteenwoordig ook genade. En daardie dag het die Here se genade op ons uitgereën. Die dag voor die tyd was die sluise van die hemel oop en was daar ook reën voorspel vir ons troudag. Na almal se gebedjies het dit net saggies gereën toe ek op pad kansel toe was. Verder, nie ʼn druppel nie. Die son het selfs uitgekom terwyl ons foto’s geneem het. Ons het die liefde van ons Vader tasbaar ervaar daardie dag.
Wat dit nog beter gemaak het is dat ons, ons bruilofsfees met ons geliefdes kon deel. Al ons vriende en familie van ver en van naby. Daar waar ons die gelukkigste is in die bos waar die venue waar ons getrou het, Marjaniek Wedding Venue en Guest House, geleë is.
Dit was beter as wat ek en Stephan ooit vir onsself kon droom. Net soos ons troue, is ons huwelik en ons as pasmaats vir mekaar iets wat ons nooit vanselfsprekend kan of gaan ervaar nie.
Daarna het ons, ons wittebrood in die eksentrieke Clarens spandeer. Hier kon ons rus en die getroude lewe in die middel van die eenvoud wat Clarens bied begin inneem.
Die dag voor die troue!
Diensverskaffers:
- Blomme: Daisy Flowers
- Dekor: Daisy Flowers
- Fotograaf: Gerbers Photo & Film
- Grimering: Stylash
- Hare: Snip It
- Trouring: Cape Diamonds (Verloorring) & Huizens Manufacturing Jewellers (troupand & bruidegom se ring)
- Skoene: Blanco Bridal
- Skryfbehoeftes: Daisy Designs
- Strooimeisie-rokke: Pretpakkie
- Trourok: Timeless Bridal Boutique
- Venue: Marjaniek Wedding Venue & Guest House
- Vermaak: SelfieBox
- Videograaf: Gerbers Photo & Film
- Wittebrood plek: Clarens, Serenity Lodge

