STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25042
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troustorie
Wat ’n ongelooflike reis was dit nie, van drome en Pinterest-borde tot die dag wat ons vir altyd “ja” gesê het.
Die beplanning van ons troue was vir ons so spesiaal. Elke detail is met liefde gekies, en elke besluit het gevoel soos nog ’n stappie nader aan ons groot dag. Van die eerste afsprake tot die laaste reëlings, dit was soms stresvol, maar veral vol opgewondenheid en dankbaarheid.
My droom-trourok deur Vonvé het my laat voel soos ’n regte prinses. Van die oomblik toe ek dit aantrek, het ek geweet: hierdie is die een. Elke detail was perfek en presies wie ek is.
Armand se troupak wat laat maak is by Tip Top Tailor, het hom so stylvol en elegant laat lyk, presies soos die man op wie ek verlief geraak het.
Ons venue, Bona Bona Game Lodge, n venue wat natuurlike skoonheid, rustigheid en romanse saambring, was absoluut asemrowend. Om ons liefde te vier tussen die natuur, oop lug en diere, het die dag nog meer “magical” gemaak. Hulle diens was amazing en hulle het regtig elke detail vasgevang en gesorg dat alles perfek verloop.
Die dekor deur Nelia Smit Event Stylist was alles waarvan ons gedroom het en meer. Elke blom, elke tafel, elke klein detail het ons persoonlikheid en styl perfek weerspieël. Met ’n elegante Bridgerton-tema, sagte kleure, romantiese teksture en fyn detail, is gaste vervoer na ’n wêreld van tydlose romanse en verfynde skoonheid.
Hierdie dag sou nie moontlik gewees het sonder my ma en my pa nie. Hulle het gehelp om al my drome waar te maak. My ma was by my met elke reëling en elke afspraak, altyd ondersteunend, geduldig en vol liefde. Ek is so ongelooflik dankbaar vir albei van hulle!
Maar wat hierdie dag regtig spesiaal gemaak het, was nie net die mooi goed nie, dit was die liefde. Die mense om ons. Die beloftes wat ons gemaak het. Die wete dat ons nou vir altyd ’n span is.
Ons sal hierdie dag vir altyd in ons harte dra ‘n Dag van liefde, lag, trane van geluk en die begin van ons vir ewig!
Diensverskaffers:
- Blomme: Nelia Smit Event Stylist
- Bruidegom-pak: Tip Top Tailor
- Dekor: Nelia Smit Event Stylist
- Fotograaf: Shanay Green Photography
- Gaste Geskenke: Palettes of Joy en Lemoncello deur Secret Diary
- Grimering: Fafa de Klerk
- Hare: Armon Barnard
- Huurdienste: Multi Styl
- Huweliksbevestiger: Carl Kitshoff
- Juweliersware: Vonvé Bridal Couture
- Trouring: Louis Daniel en Titanium Studio
- Troukoek: Soné’s Cake Creations
- Koördineerder: Nelia Event Stylist en Bongane by Bona Bona Game Lodge
- Musiek: Classic Music Events, Siobhan en V&E Entertainment
- Platejoggie: V&E Entertainment
- Skoene: Vonvé Bridal Couture
- Skryfbehoeftes: Colourtech Printing
- Strooimeisie-rokke: Izelle Otto Couture
- Trourok: Vonvé Bridal Couture
- Venue: Bona Bona Game Lodge
- Paartjie se verblyf: Bona Bona Game Lodge
- Vermaak: V&E Entertainment
- Vervoer: Bona Bona Game Lodge
- Videograaf: Son of Wolf Films
- Huwelik kontrak: Van Rensburg Schoon Attorneys Inc
- Wittebrood plek: Bali

