Arno & Kira Opperman

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25072


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ek dink elke meisie droom oor haar perfekte troudag, maar ek droom nog altyd oor my perfekte droomman.

      Ons is verloof in 2023 in een van ons gunsteling plekke – die Kruger Wildtuin. En dadelik wou ek met die trou reëlings begin! Ek was so opgewonde soos ʼn kind op Kersdag. Ons het geweet ons wil ʼn langer verlowing hê, en as ek nou terug kyk, is ek baie dankbaar, want ek het elke dag van die 2 jaar gebruik om ons perfekte dag te beplan. Ek wou meestal van my troue self doen, nie net om kostes te bespaar nie, maar ook om te weet dat elke deel van ons troue ʼn stukkie van ons was. Ek en my Ma het na oor die 20 trouvenues gaan kyk, en toe ek die top 3 vasgemaak het, toe vat ek my verloofde (hy was baie dankbaar dat ek die lys vir hom korter gemaak het). Ironies, was sy eerste keuse, myne ook, sonder om hom eers te sê, en toe weet ons dis die een! Die venue het ons as ʼn paartjie net perfek gepas – prentjie mooi, maar ook waar ʼn partytjie wag om te gebeur. Ek het ook baie trourokke aangepas, maar het altyd hierdie een rok in my agterkop gehad wat ek aanlyn gesien het. Ek het dit gaan aanpas, en geweet, dis my rok.

      En net so het 2 jaar se beplanning en harde werk – van uitnodigings ontwerp, tot fotograwe boek, tot naam kaartjies uitsny om die eetkamertafel – tot ʼn einde gekom en ons spesiale dag was op ons.
      Dit het al die hele week gereën, en na klomp gebede en selfs sommige ou-vrou rituele, het die son ons kom groet op daai Saterdag. Dit was die beste dag!

      Ek weet elke mens glo dat hulle troudag perfek was, en met alle eerlikheid, alles het eintlik nie perfek gegaan nie. Daar was ʼn paar goed wat verkeerd geloop het, en die normale familie drama. Maar nie te min, dit was vir my die perfekte dag, want ek het met my perfekte man getrou!

      Al waaroor ek spuit is, is dat ek nie die dag weer en weer kan heroorleef nie.


      Diensverskaffers:

      • Fotograaf: Picture Us
      • Grimering: Miré Hair & Makeup
      • Hare: Miré Hair & Makeup
      • Huweliksbevestiger: Legally Married
      • Trouring: Tailored by Heart Design
      • Troukoek: Honey Bee Baker
      • Musiek: V & E Entertainment
      • Platejoggie: V & E Entertainment
      • Trourok: Timeless Bridal
      • Venue: The Barn @ Redstone
      • Vermaak: LIVE Cartoon Portraits
      • Videograaf: Picture Us
      • Huwelik kontrak: Legally Married
      • Wittebrood plek: Dream @ Zanzibar