Ashely & Riaan Heckroodt

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25018


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons Sprokiestroue ’n Liefdesverhaal wat asemgehaal het. Ons troudag was nie net ’n dag nie dit was ’n droom wat waar geword het. Mense noem dit graag ’n sprokiestroue, maar vir ons was dit nog meer, ’n weerspieëling van wie ons is, hoe ons liefhet en hoe God sy hand oor elke detail gehou het.

      Ons reis tot by die groot dag het begin met ’n onvergeetlike verlowing by Disneyland Parys, die plek waar drome waar word. Daardie magiese oomblik het ons deur die hele troubeplanning gedra. My foon was oorvol inspirasie, maar saam het ons elke besluit met liefde en opgewondenheid gemaak. Die beplanning was soms chaos, maar dit was die mooiste chaos van alles.

      De Harte was die beste venue-keuse ooit: modern, stylvol en elegant. Dit het perfek gepas by ons swart-en-wit tema, saam met die bruidmeisies se sjampanje-kleur rokke.

      My trourok WOW wat kan ek sê, dit was ’n ware meesterstuk. Lizan Zondagh het vir my ’n rok gemaak wat my soos ’n prinses laat voel het vol detail, perfek gepas en mooier as enigiets wat ek ooit kon droom. Vir my man se pak het ons ver en wyd gesoek tot ons die perfekte een by Euro Suit gekry het. Hy het ongelooflik gelyk.

      Die dekor deur Llewellyn by De Harte het ons drome in werklikheid verander. Die saal was asemrowend mooier as enigiets wat ek/ons ooit kon voorstel.

      Ons MC, Hamelton Wessels (Hammie), het die dag vol humor, energie en vermaak gemaak. Hy het almal laat lag en die atmosfeer nóg meer spesiaal gemaak.

      Al het dit die hele dag gereën, het ons dit as ’n seën ervaar. Die reënbuie het ons foto’s uniek, dramaties en besonders mooi gemaak dit het ons sprokie net nóg meer magies gemaak.

      Ons eerste dans was die hoogtepunt: ’n oomblik vol emosie waar tyd vir ’n paar sekondes gaan stilstaan het.

      Ons troue was nie net mooi nie dit was vol liefde, geloof, dankbaarheid en ware emosie. Dit was ’n sprokie wat deur reën, lag en seëninge vorm gekry het. Ons hoop ons storie inspireer ander.

      ASB Stem vir die Heckroodt’s (HECK-JA)

      Diensverskaffers:

      • Blomme: De Harte – Dekor
      • Bruidegom-pak: Euro Suit
      • Dekor: Llewellyn – De Harte – Dekor
      • Fotograaf: Pelser Photography
      • Gaste Geskenke: Zet O Designs – The Gifting Emporium
      • Grimering: Alecia Joubert – Ubella
      • Hare: Alecia Joubert – Ubella
      • Huurdienste: FunBooth – 360
      • Huweliksbevestiger: PS. Gerhard Dalton
      • Juweliersware: Browns & Swarovski
      • Trouring: Browns
      • Troukoek: The Big Day Cake Studio
      • Koördineerder: Lizette van De Harte
      • Musiek: V&E Entertainment
      • Platejoggie: Micheal van V&E Entertainment
      • Skoene: Online Invoer
      • Strooimeisie-rokke: RaelynnRose Couture
      • Trourok: Lizan Zondagh Couture
      • Venue: De Harte
      • Paartjie se verblyf: De Harte – Honeymoon Suite
      • Vermaak: Mc – Hamelton Wessels (Hammie)
      • Videograaf: Johan van Pelser Photography
      • Huwelik kontrak: Voster’s Inc. Attorneys
      • Wittebrood plek: Maldives – Cinnamon Dhonveli