STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25162
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons het getrou op ons familieplaas in die Vrystaat. Pa se skure is omskep in die onthaal, kapel en kombuis! Ons droom van ’n kleurvolle fees het waar geword – saam met al ons geliefde familie en vriende van oral – op ons plaas wat beslis nie ‘n onthaal was nie. Ek verstaan nou beter hoe Barend gevoel het toe hy die bedankings moes doen – daar was soveel hande wat gehelp het! Ons kan getuig -“It takes a village.”
Ek het eendag gelees: “The earth laughs in flowers”, en daarmee kan ek nie meer saamstem nie! Alhoewel ons vroeg besluit het dat die blomme en konfetti ons nie ’n plaas se prys mag kos nie, wou ons graag hê die wêreld moet lag op 22 Maart 2025. Familie het ingespring om blomme bymekaar te maak – vanaf die Oos-Kaap, Gansbaai en my ma se tuin, nadat sy Jakob Regops geplant het. Laastens is daar ’n paar aankope gedoen – en dit alles binne begroting!
Troubeplanning is tyd saam spandeer: oproepe tussen ma’s, pa’s, sussies, vriendinne en vriende – waar ons lag, droom en sjampanje drink. Trourok soek is ’n uitstappie vir die bruid se ma en sussies. Die troupak is die matriekafskeidpak wat net ’n bietjie verstél is. Die troukoek (wortelkoek – ons gunsteling) is ook ’n trougeskenk van my tannie. Food with Flair het kos uit die boonste rakke voorsien, direk uit haar plaaskombuis – my pa se ander skuur. Dit is plaaskos, maar met soveel styl! Dit is vir ons so spesiaal, want tannie Margot het ook my ouers se troukos voorsien. Ons sussie het die stationary ontwerp en elke gas het ’n briefie gekry om te sê hoekom hulle vir ons spesiaal is. Die troukerse is óf self gemaak, of al die pad uit Nederland. My ma het ons servette gemaak – en hulle het al tot op hede vier familietroues deurgewerk! Ma se handgemaakte eetgerei-sakkies het ook hul tweede debuut gemaak. My skoonouers maak die lawn games en ry dit al die pad van Namibië aan. Vriende het in ons tuin gekamp en die naweektroue saam met ons deurgebring.
Ons is so dankaar vir ons village en Jesus se goedheid en guns.
Diensverskaffers:
- Bruidegom-pak: Pfohls Authentic Fashion
- Fotograaf: Insane Photography
- Hare: Salon Cheval Kroonstad
- Huweliksbevestiger: Ds Joe Muller
- Juweliersware: Oorbelle: Watt’s Juwellers,
- Trouring: Bruid se ringe: The Diamond Guy, BellaCosa. Bruidegom: BellaCosa
- Koördineerder: Food with Flair
- Musiek: River Flow Music
- Platejoggie: Jason du Plessis
- Skoene: Bruid: Superbalist. Bruidegom: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Katke Design
- Tente: Safari Hire
- Trourok: Calegra Bridal House
- Venue: Irene Farm
- Paartjie se verblyf: Hermanus Cottage
- Videograaf: Genesis Wedding Films
- Huwelik kontrak: Du Randt & Louw Attorneys
- Wittebrood plek: Canonnier Beachcomber Golf Resort & Spa, Mauritius

