STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25053
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
ʼn Skoolvriendskap wat in ’n sprokieshuwelik verander het
Barend het in graad 9 by ons skool aangesluit – en min het ek toe geweet dat die stil nuwe seun eendag my man sou wees. Ons vriendskap het deur al die hoërskooljare geblom, en hoewel ons nooit geweet het waar die pad ons sou lei nie, het die lewe vir ons ’n storie geskryf wat mooier is as enigiets wat ons self kon uitdink.
In 2018 was ons mekaar se metgeselle na die matriekafskeid. Sewe jaar later, in presies dieselfde saal waar ons toe hand aan hand die dansvloer betree het, het ons ons trou aan mekaar beloof. Dit was ’n dag wat soos ’n sprokie gevoel het – eintlik ’n hele sprokiesjaar. Vanaf die eerste oomblik wat ons begin beplan het, het alles net natuurlik en met vreugde verloop. Ja, daar was die normale stres wat enige troue meebring, maar dit het nooit die oorhand gekry oor die opwinding en blydskap van wat regtig saak maak nie: om uiteindelik met mekaar te trou.
Ons huwelik het begin waar ons storie jare gelede afgeskop het – en dit maak ons reis só uniek. Dit is nie net ’n liefdesverhaal nie; dit is ’n bewys dat ware liefde soms reg voor jou oë groei sonder dat jy dit besef, totdat die regte oomblik aanbreek.
Hoekom julle vir ons moet stem?
Ons storie is een van vriendskap wat in liefde verander het, van herinneringe wat herleef het en nuwe beloftes wat gebou is op ’n sterk fondament. Ons glo dat ons huwelik die mooiste voorbeeld is van hoe die lewe mense oor tyd na mekaar lei, en hoe elke hoofstuk – van skooldae tot matriekdans tot huwelik – saam ’n onvergeetlike boek van liefde vorm.
Diensverskaffers:
- Blomme: Marlize
- Bruidegom-pak: Bride and Co
- Dekor: Lavender Hill
- Fotograaf: Chantal Photography
- Grimering: My Ma, Meliska
- Hare: Bruid self
- Huweliksbevestiger: Richie Kemp
- Musiek: DJ MagPie
- Skoene: Forever New
- Trourok: Once Worn Bridal
- Venue: Lavender Hill
- Paartjie se verblyf: Lavender Hill
- Vermaak: Jorne van Hysteen
- Videograaf: Rica Myburg
- Wittebrood plek: Mauritius

