Bruwer & Lorraine van Zyl

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25085


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons is al meer as ses jaar saam, en het van die begin af geweet ons gaan trou—ons het net gewag tot die swatwerk agter die rug is. Ons troue moes ’n weerspieëling wees van wie ons regtig is: gemaklik, kleurvol, bietjie onverwags en vol lewe. Ek is ’n byeboer en het saam met my pa self die heuning vir ons trougeskenke uit die korf gehaal. Bruwer is ’n boer in hart en siel, en ek het chef gestudeer—so kos en natuur moes deel wees van elke aspek.

      Ons het by Muisbosskerm getrou en sommer met die eerste besoek geweet: hier’s dit. Ons hou nie van formele etes nie, so ons het besluit op ’n fees van vuur: meer as vyf soorte vis, spitbraai, afval, potjiekos en natuurlik bokkoms—ons gunsteling. Die dekor was speels en uniek: blomme gemeng met grenate, tamaties, kwepers, spinasie en radyse. Dit het perfek gepas by ons liefde vir kos en plaaslewe.

      Ons het 174 gaste, 7 bridesmaids en 8 groomsmen gehad—want ons hou van mense, en ons hou daarvan om saam te lag. Die grootste verrassing van die dag was toe Deon Meiring live vir ons sing: Die Meisiekind van Glaskas—ons liedjie wat al jare saam met ons stap. Die kyk op Bruwer se gesig toe hy dit hoor, sal ek nooit vergeet nie.

      Ons troudag was eg, vrolik, smaakvol en vol hart—presies soos ons wou hê.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: JM Florals
      • Bruidegom-pak: Suit Hire
      • Dekor: Goeters
      • Fotograaf: Boland Weddings
      • Gaste Geskenke: Mountain bee
      • Grimering: Delina Hair and make-up
      • Hare: Delina hair and make-up
      • Huurdienste: Axis
      • Juweliersware: Viljoens
      • Trouring: Viljoens
      • Troukoek: PJ Lombard
      • Koördineerder: Helena Pretorius
      • Musiek: DJ Anker
      • Platejoggie: DJ Anker
      • Skoene: Birkenstock
      • Skryfbehoeftes: self gedoen
      • Strooimeisie-rokke: Donna Kotze
      • Trourok: The wedding boutique, Jenny Yoo
      • Venue: Muisbosskerm
      • Vermaak: Deon Meiring
      • Videograaf: Boland Weddings
      • Huwelik kontrak: Marline Els, AJS Law
      • Wittebrood plek: Zanzibar, Rue Jumbo