STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25010
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons storie het begin met ’n verrassing wat ek nooit sal vergeet nie. Op die verhoog van die Teatro by Montecasino, omring deur honderde liggies en duisende roosblare, het Callie op een knieg gegaan en my hart vir altyd gesteel. Dit was die maklikste “ja” van my lewe.
Die troubeplanning het kort daarna begin, en van die begin af het ons dit saam aangepak. Ons het gou op ’n kleurskema besluit – beige en champagne – sag, elegant en tydloos.
Toe ons by Green Leaves voor die berge staan, het ons sonder woorde geweet: hier gaan ons ons beloftes maak. Met ons dominee, wat al lank deel van ons storie is, en ’n rok wat onverwags my droomrok geword het, het alles natuurlik in plek geval.
Ons troue was vol betekenisvolle detail – foto’s en herinneringe van geliefdes oral, wat elke tafel en elke oomblik met liefde gevul het.
Elke minuut van die dag was besonders, van wakker word tot die seremonie waar ons ‘n belofte voor die Here en ons geliefdes gemaak het en my pa Die Seën met sang begelei het, tot ons eerste dans by die onthaal. Om al ons kosbare mense op een plek te hê, was ’n geskenk waarvoor ons ongelooflik dankbaar is.
Ons het tot middernag feesgevier en toe was ons troudag verby, met herinneringe wat vir ‘n leeftyd sal bly. Om ons troue te beplan was vir my ’n vreugde, en om dit alles te sien saamkom, was onbeskryflik. Ek dank die Here elke dag vir my wonderlike man en vir die liefde wat ons deel.
Diensverskaffers:
- Blomme: Smoorverlief
- Dekor: Bubbly in Bloom Events
- Fotograaf: DVW Photography
- Grimering: Tays Touch
- Hare: Carmen Collected
- Huurdienste: Smoorverlief
- Huweliksbevestiger: Ds. Sanré Benadé
- Trouring: JG Jewellers
- Troukoek: Black Orchid
- Koördineerder: Grean Leaves Country Lodge and Wedding Venue
- Platejoggie: Gauteng DJ
- Skoene: Fynbos Wedding Shoppe
- Skryfbehoeftes: Bubbly in Bloom Events
- Strooimeisie-rokke: Mathilda Maré
- Trourok: Bridal Wardrobe
- Venue: Grean Leaves Country Lodge and Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Grean Leaves Country Lodge and Wedding Venue
- Videograaf: DVW Photography
- Huwelik kontrak: Bouwe Wiersma
- Wittebrood plek: Mauritius

