Carine & Tom De Lange

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25041


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      ONS GLORIERYKE TROUDAG
      Ons huweliksfees het oor ’n tydperk van drie dae by Elandskloof Farm Cottages in die Greyton-distrik, Wes-Kaap, plaasgevind. Elandskloof is ’n klein, skilderagtige plaas genestel in die Overberg-streek, geleë in die Riviersonderend-berge. Al ons geliefde familie en vriende het by ons aangesluit en hierdie wonderbaarlike driedaagse ervaring en kosbare oomblikke saam met ons gedeel.

      Ek het wakker geword op ’n pragtige, glorieryke sonskyndag met ’n heerlike stomende koppie koffie en liefdevolle vriende rondom my.

      Carla, ons trou-koördineerder, het uitmuntende werk gedoen deur alles vlot en professioneel te orkestreer, sodat die bruidspaar en gaste elke oomblik terdeë kon geniet.
      Ons dames het ’n ligte sjampanje-en-happie-kuier geniet, terwyl die mans ‘n whiskey-en-sigaar-oggend saam geniet het.

      Na twaalfuur het ’n stilte oor die plaas neergedaal terwyl gaste ’n middagslapie geniet het. Die bruid en bruidegom – natuurlik apart van mekaar – het begin voorberei vir die seremonie.
      Lize, ’n professionele fotograaf, het ’n eerstens ‘n fotosessie met die bruidegom gehad en daarna ’n onvergeetlike sessie met my, die bruid, en my geliefde dogters en kleindogters.

      Die tyd het so vinnig verbygegaan en die volgende oomblik het ek op die maat van Conquest of Paradise tussen die stoele afgestap. My aanstaande en ons dierbare gaste het my ingewag op ’n rustige rivierbedding, omring deur lowerryke bome. Wat ’n perfekte omgewing: ’n ouer-in jare-paartjie beloof liefde en eer aanmekaar vir die res van hul dae daar in die natuur en in die teenwoordigheid van ons God en Vader en ons gaste.

      Na hierdie heilige seremonie is peuselhappies op die rivierbedding bedien en foto’s is geneem om elke oomblik te onthou. Daarna het almal in die ou skuur bymekaargekom om ’n wonderlike dag af te sluit met heerlike wyn, ’n vyfgangmaaltyd, baie lag, vreugde en dans. Waarlik die mees onvergeetlike dag van ons lewens!

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Spinlea (Karen)
      • Bruidegom-pak: Langbroek met bohemian hemp
      • Dekor: Carla Celliers – Pretty Different Events
      • Fotograaf: Lise – Lilac Photography
      • Gaste Geskenke: Carla Celliers – Pretty Different Events
      • Grimering: Bruid self
      • Hare: Bruid self
      • Huurdienste: Robert – West Staff Services
      • Huweliksbevestiger: Ryno Els – NG Kerk Franschoek
      • Juweliersware: Mandi Malherbe – Pretoria
      • Trouring: Mandie Malherbe – Pretoria
      • Troukoek: Tannie Tossie – Greyton
      • Koördineerder: Carla Celliers – Pretty Different Events
      • Musiek: Morné – Blue Dot Entertainment
      • Platejoggie: Morné – Blue Dot Entertainment
      • Skoene: TEMU
      • Skryfbehoeftes: Carla Celliers – Pretty Different Events
      • Strooimeisie-rokke: TEMU
      • Trourok: Johan Botha Fashion Pretoria
      • Venue: Elandskloof Wedding Venue, Greyton
      • Paartjie se verblyf: Elandskloof Farm Cottages
      • Vermaak: Geen
      • Vervoer: Vriend
      • Videograaf: Geen
      • Huwelik kontrak: Lacante Henn Ingelyf – Willem Lacante
      • Wittebrood plek: Weskus en Noord Kaap