Carla & Dupie Blom

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25025


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Die Blomfees:

      14 Junie 2025: ʼn Pragtige sonnige winterdag in die Wynvallei.

      Ek en Dupie het in 9 maande ons sprokies dag beplan met behulp van ons geliefde ouers. Ons kleurskema was blou, peach en sage groen . Blou is beide van ons se gunsteling kleur.

      Dupie is oorspronklik van Sutherland en ek van Robertson. Ons het ʼn tradisionele Afrikaanse troue gehad. Ons het in Robertson se NG Moedergemeente getrou en ons onthaal was by The Key Venue.

      ʼn Spesiale oomblik was om op die troumars saam met my pa in die kerk te kon in stap wat deur Dupie se tannie op die orrel gespeel was.

      Ons het slegs mense van Robertson area gebruik vir ons fotos, grimering, hare, onthaal ensovoorts. Dit was spesiaal dat ons gesinne saam self die saal kon opmaak en ander familie lede ons blomme gedoen het. Om ʼn bietjie van die karoo deel te maak van ons troue het ons tradisionele karoo lamsboud en kook kos gehad as hoofgereg met lekker malva poeding, roomys en val as nagereg. Ons het ook lekker wyn en sjampanje by die onthaal gehad van druiwe wat my pa self gepars het. Ons het lekker vasgedans en tussen deur het die karoo real dans by tye ingekruip.

      Dit was baie spesiaal dat my ma se jare lange vriendin my trourok sowel as die strooimeisies rokke en my ma se uitrusting kon maak. Dupie se troupak sowel as die strooijonkers se pakke was gehuur by Suithire.

      Vir ons was ons troue die lekkerste troue wat ons al bygewoon het. ʼn Spesiale dag waar ons liefde en trou aan mekaar beloof in die teenwoordigheid van die mense wat ons die liefste het.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: A&I Fynbos
      • Bruidegom-pak: Suithire
      • Dekor: Visser & Blom gesin
      • Fotograaf: Helene Viljoen
      • Gaste Geskenke: Tuisgemaakte Kombersies
      • Grimering: Mariëtte Conradie – Blusch Makeup & Maya Bruwer
      • Hare: Mieke Truter – Vantage Hair & Beauty
      • Huurdienste: Flamboijant
      • Huweliksbevestiger: Ds Ken Prichard
      • Trouring: Viljoen Juweliers
      • Troukoek: Cakes by Joice
      • Koördineerder: Christi Fernhoudt
      • Platejoggie: DJ Kat
      • Strooimeisie-rokke: Hannelore Matthyser
      • Trourok: Hannelore Matthyser
      • Venue: The Key Venue
      • Paartjie se verblyf: Mo & Rose
      • Wittebrood plek: Stay @Napkyn