STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25011
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Trou is een van die belangrikste dinge wat jy in jou lewe kan doen. As jy dit doen, doen jy dit reg. Alles wat ek al ooit gelees of gesien het oor troubeplanning, was negtatief – enige iets kan verkeerd loop en dan voel dit of alles verkeerd loop, beplan, dink, skryf neer, dink weer, vee uit… Ons het besluit om dit nie te kompliseer nie. Dis nie so erg nie. Ons het klaar mekaar, toe moes ons dit net vier! Dis ‘n partytjie met lekker kos, goeie musiek en ‘n dêm mooi rok. Ons het net na een venue gaan kyk, daarvan gehou en dit gekies. Troubeplanning was vir my en Carmen die grootste seën. Dit het vir ons die lekkerste aktiwiteit geword om saam te doen na besige dae by die werk. Ons het ge-sjampanje en ge-spanwerk! Ons trourokke is by twee naaldwersters gemaak wat van hul huise af werk, wat al vir meer as een keer in ons lewens vir ons rokke gemaak het. Blomme was gedroog, want ek hou nogal van iets wat hou (soos die liefde), so ons het dit na die tyd uitgedeel en dit staan nou nog in ons familie en vriende se huise. Ons het gethrift waar ons kon en gemaak en geleer soos ons aan gegaan het. Ons het 60 gaste genooi en net twee kon dit nie maak nie, omdat hulle in die buiteland is. Ander het ingevlieg en ingery en die ongelooflikste planne gemaak om in ons dag te kon deel. Dit spreek boekdele oor die mense in ons lewe en hoe ons dag uitgedraai het – ‘intentional’ en bitterlik spesiaal. Ons het in die hartjie van die winter getrou, so natuurlik het dit die heeldag gereën – en dit was ongelooflik! Ek sal dit sommer elke jaar weer doen! My en Carmen se liefde is nie moeilik nie, ons lééf saam en hierdie gevoel was tasbaar en sal altyd tasbaar wees wanneer iemand in ons teenwoordigheid is.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Plainblue Photography
- Huurdienste: Palm Event Hire
- Venue: De Meye, Stellenbosch

