STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25152
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
My troudag was alles waarvoor ek ooit kon hoop en soveel meer. 🤍
Van die heel eerste dag van beplanning af het ons geweet ons wil dit klein en intiem hou. Nie ’n groot, oorweldigende geleentheid nie, maar ’n dag saam met die mense wat werklik vir ons spesiaal en belangrik is. Elke besluit wat ons geneem het, was met soveel liefde en opgewondenheid gemaak.
Met ons verskriklike mooi venue wat in die buitelig is, met al die blommetjies en die groen gevoel van natuur het dit werklik gevoel of ons in die “Tuin van Eeden” trou.
Die onthaal het aan die ander kant ‘n warm, rustieke atmosfeer gehad met houttafels, sagte liggies wat soos sterretjies bo ons gehang het en ’n knus ruimte waar almal naby mekaar kon wees. Dit het nie net mooi gelyk nie – dit het gevoel soos óns.
My trourok (alles behalwe die traditionele trourok)… ek sal nooit daardie gevoel vergeet toe ek dit vir die eerste keer aangetrek het nie. Die fyn kantdetail, die sagte vloei van die materiaal en die manier waarop dit agter my geval het – ek het werklik soos ’n prinses gevoel. Dit was elegant en vroulik, en ek het nog nooit so mooi en selfversekerd gevoel nie.
En my man in sy sage groen suite, dit was perfek. Uniek, stylvol en so mooi saam met ons kleurtema. Hy het so aantreklik en netjies gelyk, en toe ek hom sien, het alles net in plek geval. Dit was daardie oomblik waar ek geweet het: hierdie is my mens, vir altyd.
Dit was nie net ’n mooi dag nie. Dit was ’n dag vol betekenis, vol liefde en vol dankbaarheid. Om omring te wees deur ons naaste mense, in so ’n intieme en warm atmosfeer, en “ja” te sê vir altyd in die teenwoordigheid van God. Dit sal viraltyd die mooiste dag van my lewe wees. 🤍
Diensverskaffers:
- Blomme: De Haven Oost Wedding Venue verskaf
- Bruidegom-pak: Black Tie Hatfield Pretoria
- Dekor: De Haven Oost Wedding Venue verskaf
- Fotograaf: Salt Photography
- Gaste Geskenke: Self gemaak deur bruidspaar
- Grimering: Kryolan Montana Corner Pretoria
- Hare: His & Hers.co Pretoria
- Huurdienste: Geen
- Huweliksbevestiger: Japie Venter – Doxa Deo Wonderboom Pretoria
- Trouring: Ralph Jacobs
- Troukoek: De Haven Oost Wedding Venue verskaf
- Koördineerder: De Haven Oost Wedding Venue verskaf
- Musiek: Elevate Events
- Trourok: Wilma Du Plessis couture
- Venue: De Haven Oost Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: De Haven Oost Wedding Venue
- Wittebrood plek: Mauritius

