STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25116
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troudag by Verkykerskop was nie net ’n geleentheid nie, dit was ’n lewende sprokiesverhaal wat afgespeel het teen die eindelose horison van die Vrystaat. Ons wou ’n atmosfeer skep wat vrolik tog elegant was, ’n kombinasie van natuurlike rustigheid en daardie tikkie “shimmer” waarvoor ek so lief is.
My rok was die verpersoonliking van my hele visie. Die oomblik toe ek dit aantrek, het ek geweet: hierdie is “die een”. Die sagte blomdetail met fyn blinkertjies het die lig op ’n magiese manier gevang en my laat voel asof die rok net vir my gemaak is.
My bruidegom was die prentjie van elegansie in sy roomkleurige pak. Wat dit egter onvergeetlik gemaak het, was die sentimentele besonderhede, ’n foto van hom en sy pa in sy das, en ons voorletters op sy das-clip en mouknope. Dit was daardie klein stukkies hart wat sy voorkoms vervolmaak het.
Die dekor was ’n liefdesarbeid, aangesien my ma se passie vir blomme elke hoekie van die venue omskep het. Ons het gekies vir ’n vrolike palet van pastel pienk, pers, oranje en geel. Rose en dahlias het die hoofrol gespeel, simbole van hoe uniek en asemrowend God ons elkeen geskape het. Blomme het oral gepryk, selfs uit die dak tussen stringe fairy lights, terwyl honderde kersies in kristalhouers op die tafels gedans het.
Die dag was uitdagend met reën, koue en mis wat ons planne herhaaldelik laat rondskuif het. Maar die Here het reeds die vorige aand vir my ’n teken gestuur deur ’n uil, my gunsteling voël. Dit was Sy stille belofte dat Hy teenwoordig is.
Die mees magiese oomblik was ons eerste dans. Ons moes dit vroeër doen as beplan weens die weer. Terwyl ons daar dans, het die wolke skielik weggebreek en die mooiste sonsondergang wat ek nog ooit gesien het, het die lug ingekleur. Dit was asof die hemel oopgegaan het net vir ons foto’s. In daardie oomblik het pure dankbaarheid oor my gespoel.
Ons troue was ’n getuienis van geloof, die samesyn van familie, en die ongelooflike span van Verkykerskop wat elke droom help waar maak het.
Diensverskaffers:
- Blomme: Tokoza roses
- Bruidegom-pak: Euro suits
- Dekor: Self
- Fotograaf: White lily photography
- Gaste Geskenke: Ouma
- Grimering: isabelmakeup_styling
- Huweliksbevestiger: Pieter De Bruyn
- Musiek: AMA promotions
- Trourok: Faye Bridal
- Venue: Verkykerskop wedding venue
- Videograaf: Studio five.21
- Huwelik kontrak: Boshoff inc

