Chiquita & Jan-Daniël van den Berg

STORIE:


Ons ontvang stééds komplimente van gaste en diensverskaffers dat ons troue een van die rustigste troues was wat hulle nog ooit beleef het. Alles was presies soos ons dit wou gehad het. Jan-Daniël werk oorsee vir ‘n groot gedeelte van die jaar, dus het dit soms fyn beplanning geverg. Ons het té laat begin met danslesse (albei met lekker linkervoete) en het uiteindelik besluit om dit te laat vaar en te gaan met die vloei. Ons het dit terdeë geniet en dit was steeds pragtig! Die kos was verruklik en al waaroor ons kan kla, was dat ons almal verby trommeldik geëet was. Ons het só lekker tyd saam ons naastes spandeer en doen dit enige dag weer.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: La Vie est Belle Wedding Creative.Co
    • Bruidegom-pak: Parktown Stores
    • Fotograaf: Marjoné Enslin van Emm Photo
    • Grimering: Odette Prinsloo van Studio Odette
    • Hare: Odette Prinsloo van Studio Odette
    • Troukoek: Hanmarie Hugo van Kapkyk – Bespoke Baking
    • Platejoggie: Louis van Skybell Events
    • Skoene: Tweedehandse Bruidjie
    • Strooimeisie-rokke: The Maiden
    • Trourok: Timeless Bridal Couture
    • Venue: The Nut Farm Wedding Venue
    • Huwelik kontrak: Pritchard Attorneys Inc