STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25111
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons Troustorie
Ons liefdesverhaal het begin in Bronkhorstspruit, waar twee harte mekaar op die regte tyd gevind het. Van daardie eerste ontmoeting af het ons geweet hierdie is iets besonders!Liefde gebou op vriendskap, respek, geloof en deursettingsvermoë! Ons troubeplanning was ’n langafstand-ervaring, met baie oproepe, boodskappe en beplanning van ver af. Die bruid het baie aande laat wakker gebly, tot in die vroeë oggendure het sy tyd op Shein spandeer – op soek na die perfekte detail, om te verseker dat, elke element van ons spesiale dag perfek was!Dit was vir ons ’n pad van opgewondenheid, samewerking, soms stresvolle tye oor ons in ‘n langafstand verhouding was, (die bruidegom was in Amerika vir werk). Ons het steeds elke besluit saam geneem en gefokus daarop om ’n dag te skep wat regtig ons storie weerspieël. Alhoewel ons op ons troudag met reën begroet was, het dit nooit die vreugde of atmosfeer gedemp nie – inteendeel, dit het ons dag nog meer intiem en betekenisvol gemaak. Dit was werklik ’n stresvrye, geseënde dag.
Ons troue het plaasgevind by Dweba Lapa in Pongola, ’n venue wat perfek by ons visie gepas het. Die natuurlike omgewing, warm atmosfeer en pragtige dekor het ’n rustige, romantiese gevoel geskep. Elke detail is met liefde gekies om eenvoud en elegansie te weerspieël.
Die bruid se rok was alles waarvan sy gedroom het – tydloos, elegant en met fyn detail wat haar persoonlikheid perfek vasgevang het. Die bruidegom se pak het sy styl en selfvertroue weerspieël en het pragtig by die tema en dekor ingepas.
Wat ons dag werklik spesiaal gemaak het, was nie net die mooi goed nie, maar die liefde, ondersteuning en gebede van ons familie en vriende. Om ons verbintenis te vier omring deur mense wat vir ons lief is, het die dag onvergeetlik gemaak.
Ons troue was nie net ’n viering van ’n dag nie, maar die begin van ’n lewenslange reis saam. Dit is hoekom ons glo ons storie verdien ’n stem – omdat dit eg, liefdevol en met soveel dankbaarheid aangepak is.
Diensverskaffers:
- Blomme: LoveCo – Leona Swanepoel
- Bruidegom-pak: Black & Tie
- Dekor: Dweba Lapa, WCZ Art, Harteliefie, Forget me not crafts.
- Fotograaf: Legends Media
- Gaste Geskenke: Kontant koeverte
- Grimering: Maricia
- Hare: Friends ( Carmia )
- Huurdienste: Geen
- Huweliksbevestiger: Ds. Petrus Botha
- Juweliersware: Fynbos- Oorbelle, armband, hangertjie. Anerican Swizz – Horlosie. Bruidegom se trou ring was ‘n erfstuk van sy oupa, met hulle albei se trou datums ingegrafeer.
- Trouring: Sterns
- Troukoek: Simone Brecher
- Koördineerder: Larochelle
- Musiek: KGS Production
- Platejoggie: KGS production
- Skoene: Fynbos
- Skryfbehoeftes: Harteliefie, Fortget me not crafts.
- Strooimeisie-rokke: Lamei Couture
- Tente: Geen
- Trourok: Mimi Bridal
- Venue: Dweba Lapa
- Paartjie se verblyf: Dive inn
- Vermaak: KGS Produvtions
- Vervoer: Bmw X6
- Videograaf: Legends Media
- Huwelik kontrak: Buitegemeenskap met aanwas
- Wittebrood plek: Msc Opera Cruise

