Christo & Edna Mostert

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25045


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Vanuit die staanspoor wou ons die troudag so intiem as moontlik hou. Elopement was in ons agterkop, maar dit was net té onpersoonlik. Ons het besluit om te trou waar ons verloof geraak het, by Buffelsdrift in Oudtshoorn.

      Ek is gaande oor olifante, gesien in die lig dat my familie en grootword vakansies in Addo was. Dis steeds my hartsplek.

      Christo en ek het op die ingewing van die oomblik besluit ons doen dit maklik en stresvry.

      Ons het ʼn beskikbare datum by Buffelsdrift gekry. Die enigste nag beskikbaar was Donderdag 23 Oktober 2025. …ons het getrou, sommer in die veld, tussen die olifante. Hemels!! n Afgetrede pastoor wie die kosbaarste boodskap gegee het, het die diens en formaliteite behartig.

      Ons héél naastes was by ons om elke oomblik te deel.

      Na die diens is ons op ʼn safari om fotos in die veld te gaan neem. Daarna het ons heerlik saam gekuier by die restaurant waar hul vir ons ʼn spesifieke tafel met ʼn mooi uitsig reserveer het.

      Ons huweliksnag was in een van hul “glamping” tente.

      Hierdie dag was vir my ʼn sprokie wat werklikheid geword het. My suster en haar span het my “vaal”, gewone rokkie opgedollie tot iets uit tydskrif. Dit was ʼn spanpoging deur ongelooflike vroue!

      Elke oomblik was spesiaal en iets waarvoor ons 6 jaar gewag het.

      Hierdie dag was vir ons perfek in alle opsigte!

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Biadri – Buffelsdrift
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: Biadri – Buffelsdrift
      • Fotograaf: Arline Photo Video – Mosselbaai
      • Grimering: Jessica Pronk – Oudtshoorn
      • Hare: Mariska – Meraki Haarsalon Oudtshoorn
      • Huweliksbevestiger: Ps Pieter Niemand – Oudtshoorn
      • Juweliersware: Shein
      • Trouring: Browns
      • Troukoek: Die Deli – Beaufort-Wes
      • Koördineerder: Self
      • Musiek: Self
      • Platejoggie: Self
      • Skoene: Shein
      • Trourok: Shein en mooi gemaak deur Proudly Karoo
      • Venue: Buffelsdrift
      • Paartjie se verblyf: Buffelsdrift
      • Videograaf: Arline Photo & Video
      • Huwelik kontrak: Crawford’s Prokureurs
      • Wittebrood plek: Groot Brak, Hartenbos, Mosselbaai