Dandré & Vicky Brand

STORIE:


Ons het op 5 Maart 2021 ontmoet met ʼn eenvoudige vraag… “Kan jy dans?”

Almal wat ons ken het al die res van daai storie gehoor, so ons gaan hom nie hier herhaal nie.

Maar van daai oomblik af het ons ʼn vriendskap, sowel as ʼn verhouding begin bou.

ʼn Verhouding wat uit liefde, baie lag en vreugde bestaan.

Die Here het ons op mekaar se pad gebring in ʼn tyd waar ons mekaar die meeste kon waardeer.

Ons het altwee besef dat ons liefde gevind het vir ons menswees en vir die eerste keer het ons ervaar hoe ʼn mens vryheid in ʼn verhouding kan hê as iemand jou werklik vir jou lief het.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Fotograaf: FinePixel Photography
    • Grimering: Chané Niemandt
    • Hare: Nicole Barnard
    • Trouring: Style Jewellers
    • Troukoek: Manties Munchies
    • Skoene: Plaaspad Vellies
    • Trourok: Lubellos Bridal
    • Venue: Stable View Venue
    • Videograaf: FinePixel Media