STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25159
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ek en Deon was beide 60 jaar oud en ons altwee se tweede huwelik. Hier volg ons mooi verhaal en ons dankbaarheid vir tweede kanse:
Ons weet van mekaar reeds vir jare, ons werk vir dieselfde maatskappy, maar min kontak gehad. Ons paaie het gekruis in 2021 toe ons by dieselfde departement begin werk het. Ek was reeds vir baie jare enkellopend, hy het sy vrou intussen aan die dood afgestaan.
Deon het my in Augustus 2023 saamgenooi na ‘n motorfiets geleentheid, ek het die uitnodiging aanvaar, want dit was ‘n geleentheid om onder veilige omstandighede, weer my gunsteling tydverdryf te kon beoefen. Van daar af was ons onafskeidbaar en het nooit weer alleen na enige geleentheid gegaan nie.
Ons het in Augustus 2024 verloof geraak bo-op die Drakensberg by Cathedral Peak. Dit was ‘n ongelooflike spesiale verrassing wat ‘n helikoptervlug teen die berg op en perfekte piekniek ingesluit het. Daar was geen rede om nie ja te sê nie. Niks het my onseker laat voel het nie.
Deon is ‘n “gentleman”, ‘n man met ‘n goeie karakter.
Ons het vroeg in Januarie 2025 Bona Bona Game Lodge besoek en op pad na die restaurant, toevallig die bordjie gesien wat na die kapel lei. Ons het gaan kyk en sowaar die sleutel in die deur gekry. Ons het oopgesluit en ek was bekoor – dit was die mooiste kerkie wat ek nog ooit gesien het. Ons was nuuskierig en opgewonde en in vervoering toe ons die onthaalsaal sien. Alles was perfek! Ek het geweet dat hierdie die perfekte venue is vir ‘n mooi en stylvolle troue. Deon het gevra of ek daar wil trou, ek het glad nie geaarsel nie: “Ja my Skat, hierdie venue is perfek vir ons! Meer as wat ek ooit voor kon vra!” Ons het dieselfde dag ons datum gekies, net 5 was nog beskikbaar vir 2025.
Bona Bona was perfek, die wittebroodseenheid, bruids- en bruidegomsuites, akkomodasie, asemrowende omgewing. En, ons was bevoorreg dat ons sussies van Australië en broer van Namibië ons spesiale dag kom deel het.
Diensverskaffers:
- Blomme: Bouquet Boutique, Klerksdorp
- Bruidegom-pak: Ultimo’s, Klerksdorp
- Dekor: Multistyl, Klerksdorp
- Fotograaf: Lizel Snyman Photography
- Gaste Geskenke: Sjampanje glase (Checkers)
- Grimering: Embrace Make-up Artistry
- Hare: # Growth, Klerksdorp
- Huweliksbevestiger: Ds Frans Erasmus
- Trouring: Browns
- Troukoek: Vrugtekoekies van KekkelenKlets Hemelse Handewerk
- Koördineerder: Barbara Seleka, Bona Bona
- Musiek: Loudmouth Studios
- Platejoggie: Loudmouth Studios
- Skoene: Temu
- Skryfbehoeftes: CJ Extreme Printing
- Strooimeisie-rokke: Truworths
- Trourok: Jacqueline’s Bridal Couture
- Venue: Bona Bona Game Lodge
- Paartjie se verblyf: Bona Bona
- Vermaak: Seremoniemeester, Egmond van den Berg
- Huwelik kontrak: Bruwer & Bruwer
- Wittebrood plek: Paul Et Virginie, Mauritius

