Dirk & Roandi Coetzee

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25119


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons sprokiesverhaal het uiteindelik op 19 April 2025 ’n werklikheid geword toe ons ons drome in realiteit omskep het. Ons was vasbeslote om seker te maak dat die dag presies uitdraai soos ons nog altyd daarvan gedroom het. Daarom het ons self die leisels geneem en alles gereël.

      Van ons eie trou-uitnodigings op SayI.do tot die dekor wat ons goedkoper op Shein gekoop het as wat dit sou kos om dit in Suid-Afrika te huur. Ons het by die mooiste venue, Oude Kraal Country Estate and Spa in Bloemfontein, op ’n koel somersmiddag tydens Paasnaweek getrou. Dit was dreigend bewolk vir ons buitelugseremonie, maar net ’n paar druppels het geval toe ons ons eerste soen as getroudes deel.

      Al die harde werk wat ons ingesit het, van self op die leer klim om drapering op te hang tot elke blommetjie wat met die hand vir die tafels gepluk is, was beslis die moeite werd. Ek het ’n prentjie in my kop gehad en seker gemaak dit word presies so geskilder. Nie net ons het dit geniet nie, maar ook ons gaste. Ons het moeite gedoen om elke gas betrokke te maak. Of dit nou die enkellopende mans was wat moes dans vir die kousband, of die enkellopende dames wat moes hoola-hoop vir die ruiker, almal het deel gevoel van die viering.

      Ons het altyd gesê daar sal iets wees wat nie volgens plan verloop nie, maar solank die gaste lekker eet en kuier, is die troue ’n sukses. En het hulle lekker geëet. Ons buffet het ses verskillende vleissoorte en twintig bykosse en slaaie ingesluit. As afronding het ons 23 verskillende nageregte bedien.

      Vandag kyk ons terug na ons sprokiemooi trouvideo en foto’s. Ons koester ook die foto’s uit ons drukbare fotohokkie wat ons gaste in ’n boek geplak het met ’n persoonlike boodskap daarby. Die hoogtepunt van die dag was om met my beste vriend en grootste ondersteuner te kon trou.

      My raad aan toekomstige bruide is om jul troue rondom 12:00 te begin, sodat julle genoeg tyd het om by almal uit te kom en elke oomblik ten volle te geniet.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Wishfullgenie
      • Bruidegom-Pak: Viléste Corture
      • Dekor: Wishfullgenie
      • Fotograaf: Escada Photography & Dan Pienaar Photoboo-Thing
      • Gaste Geskenke: Wishfullgenie
      • Grimering: Estie Swart
      • Hare: Estie Swart & Esme Vd Merwe
      • Huurdienste: Wishfullgenie
      • Huweliksbevestiger: Ps. Fanie Vd Walt
      • Juweliersware: Shein
      • Trouring: Melkbos Jewelery
      • Troukoek: Carol Pretorius Lekkerice
      • Koördineerder: Wishfullgenie
      • Musiek: Shaza
      • Platejoggie: Shaza
      • Skoene: Shein
      • Skryfbehoeftes: Shein
      • Strooimeisie-Rokke: Shein
      • Trourok: Wedding Bells Bridal Corture Witbank
      • Venue: De Oude Kraal Country Estate And Spa
      • Paartjie Se Verblyf: Wishfullgenie
      • Vermaak: Shaza & Wishfull Genie
      • Videograaf: Escada Photography
      • Huwelik Kontrak: Elme Smith