STORIE:
Ons sprokiesverhaal het uiteindelik op 19 April 2025 ‘n ware verhaal geraak nadat ons ons wense in realiteit omgeskakel het.
Ons was so vasbeslote om seker te maak dat die dag uitdraai presies soos wat ons nog altyd oor gedroom het, dat ons die leisels self geneem het en alles self gereel het. Van ons eie trou-uitnodigings op SayI.do tot die decor wat ons goedkoper uitgewerk het om op Shein te koop as om in SA te huur. Ons het by die mooiste Venue getrou te Oude Kraal Country Estate and Spa in Bloemfontein op ‘n koel somersmiddag in Paasnaweek, waar dit bedreigend bewolk was vir ons buitelig seremonie, maar net ‘n paar druppels het uiteindelik geval toe ons ‘n eerste soen as getroudes kon deel. Al die harde werk wat ingesit is -van self op die leer klim en drapering hang, tot elke liewe blommetjie vir tafelversierings wat handgepluk is, was verseker die moeite werd. Ek het ‘n prentjie gehad en het seker gemaak die prentjie word so geverf. Nie net ons het dit geniet nie, maar ook ons gaste. Ons het seker gemaak elke liewe gas was betrokke. Hetsy dit die enkellopende mans was wat moes dans vir die kousband of die enkellopende dames wat moes hoola-hoop vir die ruiker, elke gas was betrokke. Ons gesegde was dat daar altyd “ietsie” nie volgens plan sou wees nie, maar solank die gaste lekker eet en kuier, is die troue is groot sukses. Én het die gaste lekker ge-eet aan hul buffet met 6 verskillende vleissoorte, 20 verskillende bykosse-en slaaie en vir ‘n cherry op die koek, het ons 23 verskillende nageregte bedien. Ons kan vandag terugkyk na ons sprokie-mooi trou- video-en foto’s en vasklou aan ons “uitdrukbare” foto-hoekie foto’s wat ons gaste vir ons in “n boek geplak het met ‘n boodskappie daarby. Die hoogtepunt van die dag was verseker dat ek met my beste vriend en grootste ondersteuner kon trou. My raad vir toekomstige bruidjies, begin jul troue rondom 12pm sodat jy meer tyd het om by alles en almal uit te kom en geniet dit ten volle.
Diensverskaffers:
- Blomme: Wishfullgenie
- Bruidegom-pak: Viléste Corture
- Dekor: Wishfullgenie
- Fotograaf: Escada Photography & Dan Pienaar Photoboo-thing
- Gaste Geskenke: Wishfullgenie
- Grimering: Estie Swart
- Hare: Estie Swart & Esme vd Merwe
- Huurdienste: Wishfullgenie
- Huweliksbevestiger: Ps. Fanie vd Walt
- Juweliersware: Shein
- Trouring: Melkbos jewelery
- Troukoek: Carol Pretorius Lekkerice
- Koördineerder: Wishfullgenie
- Musiek: Shaza
- Platejoggie: Shaza
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Shein
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Wedding bells bridal corture witbank
- Venue: De oude kraal country estate and spa
- Paartjie se verblyf: Wishfullgenie
- Vermaak: Shaza & Wishfull Genie
- Videograaf: Escada photography
- Huwelik kontrak: Elme smith

