Edrich & Eljené Mulke

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25049


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons troue was ’n ware weerspieëling van wie ons is en waar ons vandaan kom – ’n viering van liefde, familie en geloof, vasgevang in die hart van ons wildskamp. Die seremonie het plaasgevind onder ’n boom, omring deur oop vlaktes, kameelperde en die rustigheid van die natuur.

      Die onthaal het gevolg in ’n tent, waar ons partytjie het tot laat. Elke detail is met sorg beplan en het ons liefde vir eenvoud, natuur en saamwees weerspieël.

      Wat hierdie dag baie spesiaal gemaak het, is ons storie: ons ken mekaar van kleins af. Ons liefde het gegroei saam met ons – deur kinderjare, tienerjare en elke seisoen van die lewe. Om uiteindelik “ja” te sê op ’n plek wat so diep aanklank vind by ons wortels, tussen ons familie en vriende, het gevoel soos ’n sirkel wat voltooi is.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Lets Flourish
      • Bruidegom-pak: Viléste Couture
      • Dekor: Decotable
      • Fotograaf: Christine Le Roux
      • Gaste Geskenke: Plaaslik gemaak
      • Grimering: Lané Pannell
      • Hare: Louise Bouwer Engelbrecht
      • Huurdienste: Simply Tents, Decotable, Rewa Projects
      • Trouring: Riaan van der Westhuizen, Browns Jewellers
      • Koördineerder: Vanessa Reynhardt – Lets Flourish
      • Musiek: Didi Engelbrecht
      • Platejoggie: Didi Engelbrecht
      • Skoene: Trenery, Freedom of Movement
      • Skryfbehoeftes: Wilkens Designs, Sjenel Studio, Iniek, Swift Print
      • Strooimeisie-rokke: Lena Lisa
      • Tente: Simply Tents
      • Trourok: Vonvè Bridal Couture
      • Venue: Familie plaas, Douglas, Noord-Kaap
      • Videograaf: FJS Productions
      • Wittebrood plek: Phuket, Thailand