Elzanne & Dirk Oosthuizen

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25121


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Die Here spesialiseer in tweede kanse en dis wat ons gekry het. Die grootste dag waarvoor ons ons lewe lank gewag het, deur al die op en af oomblikke om te beloof om dit te maak werk en Sy naam te verheerlik. Sy tydsberekenking is perfek en ons is uiteindelik by wie ons moet wees. Ons het baie geleer en gegroei en nou kan ons mekaar dien, in liefde.

      Ons troubeplanning was taamlik vinnig. Ek het ʼn troue beplan in 3maande. Ons wou nie lank verloof wees nie en het dus onmiddellik proaktief begin optree na die verlowing. Einde Januarie was die groot vraag gevra en einde April het ons as een voor God gestaan.

      Ek wou super graag ʼn halternek rok dra. Dit was nie maklik om te kry nie. Ek het so semi op ʼn ander rok besluit toe ek een aand op Binnelanders sien Tracy trou in my droomrok. Ek het die ontwerper se naam neergeskryf toe hul al die name laat rol aan die einde van die episode en haar gekontak om te hoor of ek die rok kan huur. ʼn Week later vlieg ek Johannesburg toe om te gaan pas. Soos ʼn handskoen. En een week voor die troue koerier sy die rok vir my. Soos ʼn droom wat waar word.

      My aanstaande was redelik maklik met sy troupak en nie vol fiemies nie. Solank dit stylvol lyk. Woolworths se pak het hom baie aantreklik laat lyk.

      Ons wou ʼn venue hê wat warm is, klein genoeg sodat ons 60 gaste nie verlore sal raak nie. Ek het gesoek na mooi landskap, iets anders (die woud gedeelte waar ons getroud is). Die buite canape area was eg Toskaans. Die saal het ʼn groot venster agter die bruidstafel gehad wat op die wingerde uitgekyk het. Prentjiemooi!

      Ons dekor was elegant, stylvol en minimalisties. Alles wat wit en swart, net genoeg blomme, kerse en liggies. Almal het ook swart aangetrek en dit was soos hul sê ‘less is so much more’!

      Iets spesiaal wat ek laat doen het is om vir my man ʼn opname te maak waarvan hy nie geweet het nie en dit het gespeel voor ek ingestap het. Ons het ook voor die tyd ontmoet sonder om te ontmoet, om ʼn hoek, hande vasgehou en saam gebid.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: My Pretty Vintage
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: My Pretty Vintage
      • Fotograaf: Yvette Milne
      • Gaste Geskenke: Geen
      • Grimering: Mia Taylor
      • Hare: Mia Taylor
      • Huweliksbevestiger: Willem Pretorius
      • Juweliersware: Aanlyn bestel
      • Trouring: Francois Grobler
      • Troukoek: Vriendin geskenk
      • Koördineerder: Telma Pronto
      • Musiek: The Party Technician
      • Platejoggie: Chris
      • Skoene: Aanlyn bestel
      • Skryfbehoeftes: Thea van Zyl
      • Strooimeisie-rokke: Aanlyn bestel
      • Trourok: Lizan Zondagh
      • Venue: Belle Vallee
      • Paartjie se verblyf: Belle Vallee
      • Vermaak: The Party Technician
      • Videograaf: Riaan West
      • Huwelik kontrak: Buite gemeenskap van goedere
      • Wittebrood plek: Mauritius