STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25032
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Regdeur ons verhouding was padkos ’n spesiale deel van ons langpad-avonture en dit het vinnig ’n simboliese tema van ons liefde geword. Daarom was dit vanselfsprekend om dit ook op ons troudag in te sluit. So is die hutsmerk #PadkosTotEwigheid gebore — ’n belofte van saam reis, tot in ewigheid. Ná die besoek van verskeie venues het ons saam die kapel van Harmonie Proteas binnegestap en met trane in ons oë het ons geweet: dít is waar ons, ons ewigheid aan mekaar wil beloof. Ons wou graag trou terwyl Emil se familie vanaf Taiwan kom kuier het. Daar was aanvanklik geen beskikbare datum nie maar, Harmonie Proteas het vir ons die 26ste Julie 2025 beskikbaar gemaak. Eers later het ons besef hoe betekenisvol dit is. 26 Verteenwoordig YHWH en simboliseer volmaaktheid. 7 Staan vir voltooiing en Goddelike heelheid. Dit was vir ons ’n bevestiging dat ons huwelik God se volmaakte werk is. As Christene was dit vir ons belangrik dat ons troue die Here eer. Alles is met gebed beplan. Ons drie-laag troukoek het die Drie-eenheid gesimboliseer, en die seremonie was gevul met lofprysing, gebed en ’n Christelike lied vir ons eerste dans — alles om God sentraal te plaas. Een van ons gunsteling oomblikke was ons private huweliksgeloftes tydens die fotosessie wat ons toegelaat het om eerlik en kwesbaar te wees, sonder die spanning van ’n gehoor. Hierdie intieme oomblik is vasgevang in ’n spesiale video wat ons vir altyd sal koester. ’n Verdere hoogtepunt was die liedjie wat Riana Nel vir ons geskryf het. Ons storie, in musiek vasgevang, is tydens die onthaal vir die eerste keer gespeel — ’n heilige oomblik van dankbaarheid. Die padkos-tema het oral deurgeskemer: padkaart-programme, padkospakkies, warm sjokolade vir ons wintertroue en selfs Emil se padkaart-sokkies. Die dekor was eenvoudig en betekenisvol en die pêrels dien as eerbetoon aan Chaté se tannie, Suzette Grobler, wat in Des. 2024 oorlede is. Ons dag was nie net ’n fees van liefde nie, maar ’n viering van God se trou en leiding.
Diensverskaffers:
- Blomme: The Language of Flowers Nelspruit en Harmonie Proteas
- Bruidegom-pak: Parktown Stores
- Dekor: Harmonie Proteas en Chantal Viviers
- Fotograaf: Studio Five.21
- Gaste Geskenke: Self
- Grimering: Makeup by Cari-Jenna
- Hare: Makeup by Cari-Jenna, strooimeisies het hul hare self gedoen.
- Huweliksbevestiger: Eugene Smith
- Trouring: Unity Hub Jewellers – Jurie van Rensburg
- Troukoek: Eronel van der Merwe – Chaté se ma
- Platejoggie: Gauteng DJ
- Skryfbehoeftes: 4 Keep Sakes
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Bride and Co
- Venue: Harmonie Proteas
- Huwelik kontrak: Zanél Nel – Coetzee Prokureurs
- Wittebrood plek: Port Edward

