Emile & Christelle Taljaard

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25035


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het binne 9 maande ons troue gereël. Dit voel of dit baie korter was, die trou reëlings begin maar eers wanneer die venue bespreek is.

      Ons het vir Ilse Geyser, LeMar, gevra om vir ons te help. Sy het ons bygestaan om die regte venue te kry, die blomme, die musiek, ens. Daar waar ons nie meer geweet het nie, het sy vir ons leiding gegee en soveel meer. Regtig so bly sy kon ons help deur die stresvolle tyd en om dit te kon moontlik maak.

      My trourok was nogal spesiaal, ek het geweet ek wil graag kant hê en daar moet blomme motiewe wees. Maar verder het ek geen idee gehad wat ek wil hê nie. Dit was vir my belangrik dat my ma by my moes wees wanneer ek die regte rok kry, ongelukkig kon sy dit toe nie bywoon nie. My suster, Roelien, was gelukkig by my. Ek het my rok die eerste naweek van Januarie 2025 gekry en dit was regtig daardie gevoel van ‘ek weet, dit is die regte rok’.

      My man, Emile, het sy troupak gehuur. Ons het van die begin af geweet ons wil die tradisionele manier gaan met swartpak, withemp en onderbaadjie.

      Ons het ons naaste familie gevra om deel te wees van ons kleurskema ‘any shade of green’. Dit het nogal besonders mooi uitgekom.

      Ons fotograaf wat ons verlowings foto’s geneem het, het ons geweet gaan ons nie kan help met ons trou foto’s nie. Ek het op Facebook van Kolab Kreativ gesien en so so bly daaroor. Ons het ‘n toetslopie saam met hul aangepak, die foto’s en die plek waar ons dit gedoen het was presies wat ons wou gehad het vir ons verlowings foto’s. Die fotograaf se passie en kreatiwiteit was so aansteeklik, ons wou alles doen wat hy voorstel. Dit het soveel gemakliker gegaan met ons trou foto’s.

      Dit was regtig ‘n ongelooflike tyd, die beplanning en om ons spesiale dag met ons geliefdes te spandeer. Ons verruil dit vir absoluut niks nie. Ons verhouding en ons troue is regtig net genade van Bo, so so dankbaar vir ons Here en dat ons dit voor Hom kon bevestig.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Ilse Geyser – LeMar
      • Bruidegom-pak: Bridal and Co
      • Dekor: Ilse Geyser – LeMar
      • Fotograaf: Kolab Kreativ – Gareth
      • Gaste Geskenke: Temu – vriendin
      • Grimering: Brogan Castles – Blush (Make-up & Hair)
      • Hare: Blush (Make-up & Hair)
      • Huweliksbevestiger: Ilse Geyser – LeMar
      • Juweliersware: Lovisa
      • Trouring: Zuyda – ZVD Bespoke Jewellery
      • Troukoek: Smaragh’s Cakes
      • Koördineerder: Ilse Geyser – LeMar
      • Platejoggie: DJ Max
      • Skoene: Shein
      • Strooimeisie-rokke: Lenel Smith
      • Trourok: Nicky – Weddings by Design
      • Venue: Mont Rouge
      • Paartjie se verblyf: Mont Rouge
      • Huwelik kontrak: Barry & Mouton Attorney Inc.
      • Wittebrood plek: Zanzibar