STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25016
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Toe ons twee mekaar op hoërskool ontmoet het as twee suiwer Afrikaners in ‘n piepklein Engelse skool, het ons geweet hier is iets spesiaals.
Nege jaar later gebeur daai iets spesiaals.
‘n Paar maande voor ons verlowing het my vrou (toe nog my meisie) my laat weet dat sy gereed was om die ewige lewe met my te beloof. Met dit, het sy ook vir my ‘n gids gegee (ja, n hele “scrapbook” van hoe die ring moet lyk tot hoe ek haar moet vra en wat die dag van verlowing moet behels!). Hoeveel ouens sou nie daarvoor wens nie?
Ons besluit op ‘n troudatum in Desember. Oorspronklik wou ons die troue op haar familie plaas gehou het, maar het ‘n pragtige trouplek genoem Mystical Woods naby Hartbeespoort gevind wat ons harte gevang het. Die beplanning sou begin tussendeur my verloofde se vyfde jaar van medies, een van die kliphardste jare van die hele graad.
Deur hospitaal skofte, eksamens en baie trouvergaderings het ons gedruk en die dag het aangebreek.
Ek het met my lowergroen pak en blommetjie das reg gestaan by die preekstoel saam my aanstaande skoonma (ons dominee vir die dag, hoeveel ouens kan dit sê?). Toe kom my bruid ingestap op “Here comes the sun” deur die Beatles, nogal gesing deur haar ou drom meneer. Ek kon skaars trane terughou.
Daar in ‘n wit rok versier met blommetjies van kop tot toon en met golfies wat egalig oor die bruidssluier dans, het my toekomstige vrou aangestap gekom.
Ons versie was van Rut af. “Waar jy gaan, sal ek gaan en waar jy bly, sal ek bly. Jou mense word my mense en jou God word my God.”
Hoe gepas was dit ook nie dat die geleentheid die heel eerste keer was wat ons twee se volle families mekaar sou ontmoet nie?
Teen die hang van die Magaliesberge, het ons n buite seremonie gehad onder die koelte van witstinkhoutbome.
Die onthaal bestaan uit twee lang tafels waar ons vriende en familie vir die eerste keer by mekaar sit. Daai aand saam ons geliefdes, mekaar en die Here sal ons nooit vergeet nie.
Diensverskaffers:
- Blomme: Apple Blossom Flower Shop
- Bruidegom-pak: Black Tie
- Dekor: Mystical Woods
- Fotograaf: Oogwink
- Gaste Geskenke: Self voorsien
- Grimering: Scholtz Aesthetics
- Hare: Scholtz Aesthetics
- Huweliksbevestiger: James Beukes
- Juweliersware: Lovisa
- Trouring: Deonne le Roux
- Troukoek: Whisked Away Ice Cream (ons “troukoek” was n roomyskarretjie!)
- Koördineerder: Mystical Woods
- Musiek: Self voorsien
- Platejoggie: Andre Vermaak
- Skoene: Self voorsien
- Skryfbehoeftes: Self voorsien
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Annie’s Creations
- Venue: Mystical Woods
- Paartjie se verblyf: Bethesda Mountain Lodge
- Vermaak: Onsself vermaak
- Vervoer: Onsself gery
- Videograaf: Onsself ge-video
- Huwelik kontrak: James Beukes
- Wittebrood plek: Knysna

