Evan & Stephany Labuschagne

STORIE:


Troubeplanning was vir my een van die mees interessante en geseënde reise. My verloofde het destyds in Amerika geboer, en die tydverskil het soms uitdagings gebring, maar sy onwrikbare betrokkenheid het my deur elke besluit gedra. My twee ma’s was my pilare – hulle het my gedra, gelei en elke tree saam my gejuig.Ons wou van die begin af hê ons troue moes intiem wees klein, warm en vol betekenis. Ons het slegs een venue gaan kyk, en onmiddellik geweet: dit is die een. Die plek straal klassieke styl, romanse en tydlose elegansie uit en dit voel soos ’n sprokiesaand in Venesië, Italië, met sagte liggies wat oral vonkel. Al wat my man regtig wou hê, was fairy lights – en glo my, hy het sy droom gekry!Ons tema was klassiek en skoon – wit en roomkleure het die dekor oorheers, wat sagtheid en styl uitgedra het. Elke verskaffer was ongelooflik behulpsaam, en ek sou hulle sonder twyfel weer kies. Hulle het my droom lewendig gemaak met soveel geduld en passie.My trourok was iets besonders – uniek aan my en my lyf gebou. My ontwerper het met soveel geduld saam met my gewerk; ons het die ontwerp ’n paar keer verander totdat dit perfek gevoel het. My rok was ’n spieëltjie van my persoonlikheid: ’n off shoulder met sagte pêrels, ’n skoon wit satynbasis met ’n elegante spleet en ’n lang, vloeiende sleep. Ek het dit voltooi met ’n sagte sluier wat met pêrels afgewerk is , net genoeg om die rok se romantiese eenvoud te beklemtoon.Evan se pad na die groot dag was ook nie sonder drama nie want sy vlug is vertraag en hy het eers ’n week voor die troue geland! Ek het omtrent my naels gekou van spanning, maar hy was betyds om sy pak aan te pas en die perfekte uitrusting.Ons troudag self was ’n droom wat werklikheid geword het. Ons troue was nie net ’n dag nie – dit was ’n weerspieëling van wie ons is: eenvoudig, klassiek, en diep verbind in liefde en geloof. Ek kry baie navrae van bruide so dit wys my net hoe perfek ons spesiale dag was.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Lily Grace
    • Dekor: Lily Grace
    • Fotograaf: Evergreen Visuals
    • Gaste Geskenke: Piekfijn en Flambè Scent Collective
    • Grimering: FDK styling by Francois De Klerk my goeie vriend
    • Hare: by Armon
    • Huurdienste: Photastic 360 video boot. Backdrop Hire
    • Huweliksbevestiger: André De Jager
    • Juweliersware: Lovisa Jewellery
    • Trouring: Shiny Rock Poslished
    • Troukoek: Venue Nouveau
    • Koördineerder: Nadine en Carla van Venue Nouveau
    • Skoene: Dream Pairs
    • Skryfbehoeftes: Piekfijn
    • Strooimeisie-rokke: Mystique’s Bridal services
    • Trourok: Willem Terblanche
    • Venue: Venue Nouveau
    • Paartjie se verblyf: Op die perseël by Venue Nouveau
    • Vermaak: Jay Cee Johnson
    • Videograaf: Evergreen Visuals
    • Huwelik kontrak: Grobler Levin Soonius prokereur
    • Wittebrood plek: Zanzibar, De Mora Hotel en Zanzibar Blu Hotel