Ewald & Mia Styger

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25102


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons liefdesverhaal het lank voor ons groot dag begin. Ek en Ewald is hoërskoolliefdes en van graad 10 af was ons onafskeidbaar. Daarom het ek altyd gedink ek sou weet wanneer hy my sou vra—maar hy het my heeltemal verras. Vir Vadersdag het albei ons families by Brandkop Plaas saamgekom, en alles het so normaal gelyk dat ek niks vermoed het nie. Totdat ons in die tuin ingestap het en ek die roosblare, die blomboog en Ewald op een knie sien. Ek het sonder twyfel JA gesê—een van die mooiste oomblikke van my lewe.

      Ons troubeplanning oor tien maande was ’n heerlike ervaring. Ons het alles self gedoen, van dekor tot klein detail, en dit het ons net nader aan mekaar gebring. Om ons idees so mooi in werklikheid te sien verander, was ongelooflik spesiaal.
      Ons troue het alles weerspieël waarvan ons hou: die bosveld, eenvoud, warmte en ’n tikkie luuksheid. Die kleurpalet van wit, room, cappuccino, bruin en goud het ’n rustige, elegante atmosfeer geskep, met krismisrose en droë blomme as dekor. Ons black-tie dress code het ’n pragtige kontras gebring teen die natuurlike elemente.

      My rok was ’n droom. Omdat ek nie die regte een in ’n winkel gekry het nie, het ek dit laat maak. Zoureka het my visie perfek verstaan, en toe ek die ideale materiaal oor my skouers drapeer, het ek geweet dis die een. Die V-neklyn, fyn kralewerk en afneembare rokromp het die perfekte balans tussen dramaties en elegant geskep.

      Ewald se cream-linne troupak was net so perfek. Hy het nog altyd daarvan gedroom om dit te dra, en die sagte roomkleur het pragtig ingepas by ons warm, aardse kleure en bosveldtema. Saam met sy bruin strikdas het hy ongelooflik stylvol gelyk.

      DIY-details het ons troudag ekstra persoonlik gemaak. Ons het vir elke gas ’n klein botteltjie selfgemaakte Limoncello as geskenk gegee—’n liefdevolle voorsmakie van ons komende Italiaanse wittebrood. En natuurlik was ons oulike groen Land Rover net so spesiaal!

      Ons troue was ’n droom wat waar geword het en ’n viering van ons liefde!

      Diensverskaffers:

      • Blomme: The Grand Botanist
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: Bowtie Evolution & DrapeInc
      • Fotograaf: MM Photography
      • Grimering: Amber Rose Makeup
      • Hare: The Salon – Bloemfontein
      • Huweliksbevestiger: Ettienne Engelbrecht
      • Trouring: JewelArt
      • Troukoek: Fancy Frost & Glaze – Bloemfontein
      • Platejoggie: DJ Magpie
      • Strooimeisie-rokke: Zoureka Smith
      • Trourok: Zoureka Smith
      • Venue: Monte Bello Estate
      • Paartjie se verblyf: Monte Bello Estate
      • Videograaf: MM Videography
      • Huwelik kontrak: Honey Attorneys
      • Wittebrood plek: Italië