STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25155
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troue was vir ons meer as net ‘n dag – dit was ‘n viering van God se getrouheid en liefde deur ons hele verhouding. Ons het in Pretoria getrou, maar alles beplan vanuit die Kaap waar ons tans bly. Die beplanning het sy oomblikke van spanning gehad, maar dit was ‘n opwindende avontuur wat ons met dankbaarheid sal onthou en ek doen dit enige dag weer.
Ons kleurskema van helder oranje en pienk het soos somer gevoel – warm, lewendig en iets wat jou sommer opgewonde maak wanneer jy dit sien , dit het ‘n energie gebring wat die hele dag lig en vrolik laat voel het. Meulstroom het ons verwagtinge oortref met die mooiste dekor wat ons visie perfek vasgevang het.
Ek was ongelooflik geseënd met 9 strooimeisies langs my – elkeen in ‘n unieke rok wat haar persoonlikheid weerspieël het. Dit het ‘n pragtige harmonieuse effek geskep en gewys hoe elkeen op haar eie manier spesiaal is. Deur die hele beplanningsproses het hulle my só bederf en ondersteun – met raad, opgewondenheid, gebede en praktiese hulp. Hulle liefde en teenwoordigheid het die reis na die altaar net soveel meer betekenisvol gemaak.
My trourok was tydloos en elegant, maar steeds sag en romanties. My man se troupak was stylvol en klassiek, en saam het ons gevoel soos die beste weergawe van onsself.
Van ons geloftes tot ons eerste dans was elke oomblik deurdrenk met liefde, lag en trane van blydskap. Wat ons troue werklik besonders gemaak het, was nie net hoe dit gelyk het nie – maar hoe dit gevoel het: warm van al ons familie en vriende se liefde om ons, eg, somers en vol vreugde. Dit was regtig die mooiste begin van ons vir altyd.
Diensverskaffers:
- Blomme: Meulstroom
- Dekor: Meulstroom
- Fotograaf: Heid-Mari Photography
- Grimering: Della Donna
- Hare: Della Donna
- Huweliksbevestiger: Dr Joekie Laas
- Musiek: AMA Entertainment
- Skoene: Fynbos
- Trourok: Blanco Bridal
- Venue: Meulstroom

