STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25052
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troudatum 25.07.2025 is baie spesiaal. Francois se gunsteling nommer is 7, hy is gebore op 7 November, ’n Sondag 7uur. 25 Julie is my Ouma Elsa se sterftedatum en na ek ook my Oupa verlede jaar verloor het, het dit gevoel ek het ’n stukkie van hulle albei op ons troudag.
Ons wou nie ’n groot, formele troue gehad het nie en ons idee was ’n familie-fees saam met ons naaste mense. Ek het nog altyd hierdie droom gehad van buite trou, maar ek dink daar is min bruide wat in die middel van die winter steeds buite wil trou! En so het ons Prince Albert oorweeg. Almal wat al deur die Swartbergpas gery het sal weet watter bekoring daardie berge het.
Meeste van die beplanning moes ons oor ’n afstand doen omdat Francois oorsee gewerk het. Al ons mense, van Pretoria tot Porterville het ons baie gehelp met al die beplanning en reëlings. Ons het ons eie meubels bymekaar gemaak vir die “lounge pockets”. My ma het ons blomme gedoen. Lena Lisa het my droomrok ontwerp en my man se mooi pak is gemaak deur Tip Top Tailors. Comien Erwee was ons wedding planner en het al ons drome waar gemaak. Ons langtafel-ete in die olyfboord by African Relish het soos ’n Italiaanse feesmaal gevoel. Aurona Weideman van Oudtshoorn het ons catering gedoen en ons gaste kon nie ophou praat oor haar lekker kos nie.
Wat vir my as bruid spesiaal was, was om my sussie en beste vriendin, Belinda as my maid of honour te kon hê. Wat vir my man spesiaal was, is dat ons die hele kloof in die Swartbergpas vir onsself gehad het om ons seremonie te hou.
Die oggend van ons troue terwyl my pa hulle stoele uitgepak het vir ons seremonie het hy ’n video gestuur van die son oor die Swartberge en hy het gesê “ek hoop die son skyn altyd op julle, daar gaan skaduweekolle wees, maar ek hoop die son skyn op julle”. Prince Albert, sy mense en al ons gaste het vir ons sonskyn en warmte gebring op ons troudag! Dit was “MAGIC” en ons wil dit graag met meer mense deel.
Diensverskaffers:
- Blomme: Floret Flower Creations
- Bruidegom-pak: Tip Top Tailors
- Dekor: Something Els Furniture and Decor Hire
- Fotograaf: Consuming Fire Weddings
- Grimering: Nique on Fleek
- Hare: Nique on Fleek
- Huweliksbevestiger: Fred Louw
- Juweliersware: Simo and Co Wedding Accessories
- Trouring: Scintilla Jewellers
- Koördineerder: Comien Erwee
- Musiek: Tobie Gouws
- Platejoggie: Tobie Gouws
- Skoene: Aldo(bruid) Green Cross (bruidegom)
- Skryfbehoeftes: Gerda Stationary (ons doek)
- Strooimeisie-rokke: Lena Lisa
- Trourok: Lena Lisa
- Venue: African Relish
- Paartjie se verblyf: Dennehof Karoo Guesthouse
- Vermaak: Silent Disco by Silent Events SA
- Videograaf: Consuming Fire Weddings
- Huwelik kontrak: NVZA Inc.
- Wittebrood plek: Italië

