STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25062
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
In ’n stil, betowerde woud het die bome nader aan mekaar geleun, asof hulle ook wou kyk. Dit was Jana en Franna se troudag. Oral het blomme gehang van die takke, tussen rankplante en selfs soos liggies bo die paadjies. Elke blom het sag gegloei in pienk, wit en goud.
Die feetjies van die woud het vroeg begin voorberei. Hulle het blomkranse gevleg en blomblare oor die grond gestrooi sodat Jana en Franna op ’n sagte, kleurvolle tapyt kon stap. Die lug het na vars blomme en reën geruik. Onder ’n groot ou boom, versier met hangende blomme, het Jana en Franna langs mekaar gestaan. Die woud was stil, behalwe vir voëls wat soos ’n koor gesing het. Met glimlagte en warm hande het hulle belowe om altyd saam te sorg, saam te lag en saam sterk te wees.
Toe die son sak, het die blomme helderder begin skyn en die feetjies het gedans. Die woud het daardie nag geweet: liefde het hier ’n nuwe storie begin…..
Omdat ek en Franna oor die see werk, het ons die woud se magie aan drie spesiale feetjies oorgelaat die feetjies van Bubbles & Co. Hulle het verskyn met borrels van lig, hande vol planne en harte vol sorg.
Dag en nag het hulle gewerk: blomme laat hang soos sterre, paadjies met blomblare bedek en die woud se geheime perfek gereël. Selfs van oor die see af kon ons voel hoe alles met liefde voorberei word.
Toe die troudag aanbreek, het die woud asem opgehou. Alles was presies reg mooier as wat ons ooit kon droom. Die drie feetjies het net geglimlag, want hulle het geweet: hulle het iets besonders geskep.
Bubbles & Co was nie net ongelooflik nie hulle was die magie wat alles moontlik gemaak het. Tussen al die magie van die woud was daar een vrou wat my visie regtig kon sien Tannie Danette van Harvest Table. Ek het vir haar vertel van my droom: ’n feetjie-woud vol onwetende kleure, sagte voile en blomme oral, in oormaat, soos ’n droom wat lewendig wordMaar die ware towerkuns het ook by my ma begin.
Diensverskaffers:
- Blomme: Harvest Table, En my Ma Sonja wat oor die 4000 blomme gehikkil het in minder as 9 Maande
- Bruidegom-pak: My man het linne gedra, n pak het nie by ons tema in gepas nie
- Dekor: Fancy Functions , All Things Wedding
- Fotograaf: The Garden Route Creatives
- Gaste Geskenke: My Skoonma het Koejawel Jelly gemaak van die koejawel boord by ons huis
- Grimering: Kayla Thirion
- Huweliksbevestiger: Dominie Paul Lubbigne
- Juweliersware: Browns
- Trouring: Browns
- Koördineerder: Bubble & Co
- Platejoggie: Mike Hunter- One two Sound Solutions
- Skryfbehoeftes: Rianda Moolman-Postnet Grootbrak
- Trourok: Livia & Co
- Venue: Beyond the Moon
- Videograaf: The Garden Route Creatives
- Wittebrood plek: Maldives

