STORIE:
Ons spesiale dag het op 2 Augustus 2025 plaasgevind.
Dit was die mooiste sonskyn dag in die winter.
Die seremonie het plaasgevind in ’n ou skuur met groot rooi oopskuif deure, omring deur ’n see van goudgeel Canola. Niks fancy nie, net eenvoudig, maar so uniek met ‘n WOW faktor.
Oom Willem was gereed met sy koffiestalletjie om die gaste te bederf met ‘n heerlike koppie koffie.
Nadat die gaste heerlik gesmul het aan hul koffietjie, was hul vervoer met ‘n groot rooi waentjie, gehak aan ‘n trekker, deur die Canola land na die skuur.
Dit was die mooiste seremonie, met die mooiste boodskap. Ons het ‘n belofte aan mekaar voor God en ons geliefdes gemaak en dit was “magical”.
Na afloop van die seremonie het almal beweeg na Utopia Guestfarm, waar die onthaal plaasgevind het. Ons onthaal saal was sprokie mooi. Sag, elegant en stylvol.
Dit was een groot fees. Die kos was uit die boonste gestoeltes (soos oom Oubaas van 7de Laan sou sê) ‘n Regte bord Boerekos waaraan almal heerlik gesmul het. Ons het bitter baie gelag en die dansvloer aan die brand gedans. Die atmosfeer was eenvoudig besonders – uniek, opreg en vol lewe!
Vandat ons ons oë oopgemaak het tot die laaste oomblik van die dag, was alles en meer waaroor ons gedroom het. Dit was werklik ‘n #OosthuizenFeesVolGees!
Diensverskaffers:
- Blomme: Laflor Events Swellendam
- Bruidegom-pak: Bride & Co. Cape Town
- Dekor: Laflor Events Swellendam
- Fotograaf: Charl Kemp Photography
- Gaste Geskenke: Self gemaak
- Grimering: Maryna Kirsten MUA
- Hare: Nicole Rademeyer
- Huweliksbevestiger: Dominee Gawie Gouws
- Juweliersware: Calegra Bridal House Cape Town
- Trouring: Viljoen Juweliers Worcester
- Troukoek: Ietsi Sweet Robertson
- Koördineerder: Wilna van der Merwe
- Musiek: Just for you Sound (Charles du Preez)
- Skoene: Fynbos Wedding Shoppe
- Strooimeisie-rokke: The Maiden
- Trourok: Calegra Bridal House Cape Town
- Venue: Utopia Gustfarm
- Paartjie se verblyf: Utopia Guestfarm
- Videograaf: Consuming Fire Weddings

