Goosen & Cornelia Thompson

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25149


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het nog altyd gedroom van ’n bosveldtoue – onder ’n groot koelteboom met wildebeeste wat rustig in die agtergrond wei.

      Maar God het ’n ander storie geskryf.

      Die oggend van ons groot dag het ek wakker geword met die sagte, aanhoudende klank van reën wat op die dak van die gasteplaas val. Dit was nie net ’n ligte druppel nie – dit was die soort reën wat sê: “Ek is hier om te bly.” Daar het ek geweet dat niks gaan uitdraai soos wat ons dit beplan het nie. ‘n Diep vrede oor my gekom. ’n Stil wete dat hierdie dag nie aan ons behoort nie, maar aan God.

      Die strooijonkers en my liewe bruidegom, Goosen, het ook besef dat die reën nie gaan wyk nie. Sonder huiwering het hulle begin plan maak. Banke, blomme, dekor – alles is vinnig verskuif na die buitekapél toe.

      As gevolg van die reën het ek die voorreg gehad om saam met my ma én my pa na die kapél te stap. My ma het my rok en sluier versigtig uit die water gehou en sy het seker gemaak dat ek nie natreën nie.

      Toe ek by die kapél instap, het ek vir Goosen gesien. Met die pragtige grys lug as agtergrond het ek geweet: hierdie is mooier as enige sonskyndag wat ons kon beplan. Die reën het alles sag gemaak. Dit het die wêreld stil gemaak. Dit het die oomblik heilig gemaak.

      Daar, in daardie kapél, het ons ons geloftes aan mekaar gemaak. Nie onder ’n boom in die veld nie, maar onder die getroue hand van God wat bewys het dat Sy plan altyd groter is as ons eie.

      Toe die konfetti gestrooi word en ons as man en vrou uitstap, het iets merkwaardig gebeur. Die reën het opgehou. Stadig maar seker het die wolke oopgebreek en die son het begin skyn. Dit was nie toevallig nie. Dit was asof die hemel self glimlag.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Daisy Flowers
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: Harvest Decor
      • Fotograaf: Eliah Photography
      • Gaste Geskenke: Geen
      • Grimering: LO Makeup Artistry
      • Hare: Salon Carobella
      • Huweliksbevestiger: Ds. Nicky Hattingh
      • Juweliersware: De Beer Juweliers
      • Trouring: De Beer Juweliers
      • Troukoek: Mr. Salad Brits
      • Musiek: DSAV Productions
      • Skoene: Shein
      • Skryfbehoeftes: Bico Printers
      • Strooimeisie-rokke: Carries
      • Trourok: Lady Anne Bridal
      • Venue: Doringrant Gasteplaas en Trou Venue
      • Paartjie se verblyf: Doringrant Gasteplaas en Trou Venue
      • Videograaf: Table of Content
      • Huwelik kontrak: Ria Pieterse Attorneys
      • Wittebrood plek: Mauritius