STORIE:
My pa het deur die loop van my kinderdae vir my altyd goeie raad gegee. Hy het altyd gesê ek moet n vrou kry van my “valley”. My omgewing. Iemand wat soos ek grootgeword het. Ek het gedink dit is n begalike gedagte.
Iets anders wat hy ook gesê het is dat ek n vrou moet kry wat vir die staat werk.
Om daardie raad van my pa te volg kan ek nou die volgende feite weergee:
Ek en Nicolien het in dieselfde straat gebly.
In daardie tyd het ons na dieselfde kerk toe gegaan.
Ons was in dieselfde laerskool, Tjokkies.
Ons was ook in dieselfde Hoërskool, Jim Fouche.
Nicolien werk inderdaad ook vir die staat.
Lang storie kort: ek het vir Nicolien by ons huidige kerk gesien nadat sy Sondag na Sondag alleen in die kerk gesit het. En julle weet mos nou wat die voordele van sosiale media is en dit kon toe daartoe lei dat ek en sy met n gesprek begin…. En kyk waar staan ek nou.
Diensverskaffers:
- Blomme: Pepermossie
- Bruidegom-pak: Truworths MAN
- Dekor: Pepermossie
- Fotograaf: Escada photography
- Huweliksbevestiger: Ds. Charles James
- Juweliersware: Heathorns
- Trouring: Heathorns
- Koördineerder: Pepermossie
- Musiek: Crrative Kilowatt
- Platejoggie: Dewald
- Trourok: Julie Wedderburn
- Venue: Pepermossie Bloemfontein
- Paartjie se verblyf: Pepermossie Bloemfontein
- Videograaf: Escada Videography
- Huwelik kontrak: Hill, McHardy & Herbst
- Wittebrood plek: Kaapstad

