Heini & Jana-Marie Pieters

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25136


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het ontmoet by ons hartsplek, Keurboomstrand. ʼn Stappie langs die see, wat vinnig in ʼn eerste afspraak, ʼn eerste soen en ʼn langafstand verhouding verander het. Ons albei is mal oor die bos, so toe die ja-woord gevra is 4 jaar later by Keurbooms, op die plek waar ons ontmoet het, het ons vinnig geweet ons wil ʼn bosveld makietie hou.

      Die trou beplanning was ʼn warrelwind van opgewondenheid, navorsing en baie laat nag sessies voor die excel sigblad. Met die bruid se kreatiewe oog en die bruidegom se vinger op die pols wanneer dit kom by die logistieke reëlings het die fynere details baie vinnig in plek geval. Binne ses maande het ons die droom troue beplan en was gereed vir die groot dag.

      Die groot dag het begin met die sonbesies wat skree oor Dinokeng se vlaktes. In die bruidskamer het die bruid se familie haar wakker kom maak met ʼn koppie koffie en die liedjie “Vandag is jou troudag, my meisie” wat oor ʼn luidspreker speel. By die bruidegom was dit rustig, ʼn kameelperd in die verte & ooms en tannies wat drukkies uitdeel om hom geluk te wens dat sy groot dag ook aangebreek het.

      Dit was die spesiaalste dag van hul albei se lewens. Al hulle geliefdes en naastes wat saam partytjie hou om hulle nuwe lewensstap te vier. Dekor wat bestaan uit dramatiese strikke, prentjies geteken van elke gas deur die bruid en eksentriese blomme rangskikkings. Gaste wat tussen die bosse beweeg na die seremonie wat se dak so net-net uitsteek tussen die goue bosveld. Die paartjie se troukar, “n game viewer” wat versier is met ʼn “Just Married” strik in die vlaktes. Die dag kon nie meer perfek wees nie!

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Little Lot
      • Bruidegom-pak: Nevills
      • Dekor: Little Lot
      • Fotograaf: Ane Theron
      • Grimering: Ruth Makeup and Hairstyling
      • Hare: Ruth Makeup and Hairstyling
      • Huweliksbevestiger: AJ Sutton
      • Musiek: Henk Meyer – Gauteng DJ
      • Platejoggie: Henk Meyer – Gauteng DJ
      • Trourok: Bride & Co
      • Venue: Tshikwalo Game Lodge
      • Vermaak: Tiaan van den Berg
      • Videograaf: Wedding Bells
      • Wittebrood plek: Mauritius