STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25074
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Die moeilikste deel was om die perfekte venue te vind, ’n plek wat ’n intieme naweektroue vir slegs 50 gaste kon bied. Ons troue is oor ’n jaar lank tot in die fynste detail deur my ma en my beplan. Dit was ’n onvergeetlike avontuur.
Ná ons magiese verlowing in die Hoedspruit-bos het ons geweet ons wil ook in die bos trou. Palala het ons harte gesteel. Dit het elke verwagting van ons trousprokie oortref. Die venue is reg in die bosveld op die Suid-Afrika/Botswana-grens met luukse fasiliteite, verskillende lokaalopsies asook verblyf vir al ons gaste. Dit was presies waarna ons gesoek het.
Ons familie het reeds die Woensdag voor die Saterdagtroue by Palala gearriveer. Dit het verander in ’n ontspanne trouweek gevul met spa-bederf by die Sediko Spa, ’n sonsondergangwildsrit asook kosbare samesyn. Gaste het Vrydag gearriveer. Vrydagaand het ons ’n informele aandete in Oom Doep se lapa gehou waar almal kon kuier en mekaar beter leer ken. Dit het die atmosfeer soveel meer intiem gemaak.
Die dekor het uit aardse natuurlike kleure bestaan. Daar was hoofsaaklik wit rose saam met verskeie ander soorte wit blomme. Groen loof en gipskruid is spaarsaam gebruik. Glasvase, kristal, houttakke, spieëls, perspex, kerse, houtbakke asook Afrika-grasmandjies het die prentjie voltooi.
Ek het my rok onverwags vinnig by Veil Bridal Couture gevind. Die derde rok wat ek aangepas het was die een. Toe ek uitstap het my ma asook my bruidsmeisie onmiddellik in trane uitgebars.
Ons troudag was meer betowerend as wat ek ooit kon droom. Dit was ’n ware viering van liefde tussen my en my man Heino. Alles het perfek verloop. Ons is geseën met die mooiste sonsondergang asook ’n volmaan wat die atmosfeer ongelooflik romanties gemaak het.
Die kapel met sy ikoniese kremetartboom was besonders. Ná die seremonie het die canapé-eiland tot lewe gekom met die klanke van ons marimbaband.
Elke keer as ek na ons troufoto’s kyk kry ek weer trane in my oë. Die emosie is pragtig vasgevang in elke foto en video. Aardse foto’s met die asemrowende natuur as agtergrond.
As ek kon sou ek elke jaar weer met Heino trou. ’n Troue is werklik ’n heilige oomblik in ’n mens se lewe.
Diensverskaffers:
- Bruidegom-pak: Cavalier
- Fotograaf: Mighty Fine
- Grimering: Miss Jaydeekay
- Hare: Miss Jaydeekay
- Huweliksbevestiger: Bernard Prinsloo
- Juweliersware: Swarovski
- Trouring: Poggenpoel
- Troukoek: Kelly Jayne’s Cake boutique
- Koördineerder: Palala Boutique Game Lodge and Spa
- Musiek: V & E Entertainment
- Platejoggie: V & E Entertainment
- Skoene: ALDO
- Skryfbehoeftes: The Pixie Pod Event Planning and design studio
- Strooimeisie-rokke: Tienie Boshoff Couture
- Tente: Palala Boutique Game Lodge and Spa
- Trourok: Veil Bridal Couture
- Venue: Palala Boutique Game Lodge and Spa
- Paartjie se verblyf: Palala Boutique Game Lodge and Spa 5 ster, honeymoon suite
- Vermaak: Ngwago Culture Group
- Vervoer: Palala Boutique Game Lodge and Spa (Game Vehicle)
- Videograaf: Mighty Fine
- Huwelik kontrak: HJ van Rensburg Inc
- Wittebrood plek: RIU Palace Maldives Hotel

