Heino & Khanya Venter

STORIE:


Die moeilikste deel was om die perfekte venue te vind, ’n plek wat ’n intieme naweektroue vir slegs 50 gaste kon bied. Ons troue is in detail deur my ma en myself in ‘n jaar beplan en was ‘n onvergeetlike avontuur. Ná ons magiese verlowing in die Hoedspruit-bos wou ons beslis ook in die bos trou. Palala het ons harte gesteel en elke detail van ons trousprokie oortref. Reg in die bosveld, op die Suid-Afrika/Botswana-grens, met luukse fasiliteite, diverse lokaalopsies en verblyf vir al die gaste. Ons familie het reeds die Woensdag, voor die Saterdag troue, by Palala gearriveer. Dit was ‘n ontspanne, verlengde trouweek, gevul met spa-bederf by die Sediko Spa, ‘n sonsondergang wildsrit en salige samesyn.Gaste het Vrydag gearriveer.Vrydagaand het ons ’n informele aandete in Oom Doep se lapa gehou, waar almal kon kuier en mekaar leer ken, dit het die troue se atmosfeer soveel meer intiem gemaak.Die dekor was aardse natuurlike kleure: oorwegend wit rose en verskeie ander tipe wit blomme, min groen loof en gyp, hope glasvase, kristal, houttakke, spieëls, perspex, kerse, houtbakke en afrika grasmandjies. My rok het ek onverwags vinnig gevind by Veil Bridal Couture.Die derde rok wat ek aangepas het, was net die een. Toe ek uitstap was my ma en bruidsmeisie onmiddelik in trane. Ons troudag was meer betowerend as wat ek ooit kon droom. ’n Ware viering van liefde tussen my en my man, Heino. Alles het net 100% perfek verloop. Ons was geseënd met die mooiste sonsondergang en ’n volmaan, wat die atmosfeer ongelooflik romanties gemaak het. Die ongelooflike kapel met sy ikoniese kremetartboom was magies. Ná die seremonie het die Canapé-eiland tot lewe gekom met die klanke van ons marimbaband. Elke keer as ek na ons trou foto’s kyk kry ek van vooraf trane in my oë. Die emosies en gevoel is so mooi vasgevang op elke foto en video. Aardse fotos met net die asemrowende natuur as ons agtergrond.As ek kon, sou ek jaarliks met Heino trou. ’n Troue is so ’n heilige oomblik in die lewe.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: N/A
    • Bruidegom-pak: Cavalier
    • Dekor: N/A
    • Fotograaf: Mighty Fine
    • Gaste Geskenke: N/A
    • Grimering: Miss Jaydeekay
    • Hare: Miss Jaydeekay
    • Huurdienste: N/A
    • Huweliksbevestiger: Bernard Prinsloo
    • Juweliersware: Swarovski
    • Trouring: Poggenpoel
    • Troukoek: Kelly Jayne’s Cake boutique
    • Koördineerder: Palala Boutique Game Lodge and Spa
    • Musiek: V & E Entertainment
    • Platejoggie: V & E Entertainment
    • Skoene: ALDO
    • Skryfbehoeftes: The Pixie Pod Event Planning and design studio
    • Strooimeisie-rokke: Tienie Boshoff Couture
    • Tente: Palala Boutique Game Lodge and Spa
    • Trourok: Veil Bridal Couture
    • Venue: Palala Boutique Game Lodge and Spa
    • Paartjie se verblyf: Palala Boutique Game Lodge and Spa 5 ster, honeymoon suite
    • Vermaak: Ngwago Culture Group
    • Vervoer: Palala Boutique Game Lodge and Spa (Game Vehicle)
    • Videograaf: Mighty Fine
    • Huwelik kontrak: HJ van Rensburg Inc
    • Wittebrood plek: RIU Palace Maldives Hotel